Herfsbruid 2023: Geluk aan ons stem-en-wen-wenners

(Foto verskaf deur Tapputi)

Tien lesers wat aan die stemmery vir Maroela se Herfsbruid vir 2023 deelgeneem het, het in aanmerking gekom vir ʼn baie spesiale botteltjie Tapputi-parfuumolie.

Baie geluk aan Tania Strydom, Junita Janse van Rensburg, Marie Marais, Zelna Rahl, Riana van den Berg, Tessa Gouws, Janneke Reinke, Karin Louwrens, Rejeanne Louw en Carin Pretorius wat elkeen ʼn botteltjie van dié spesiale Egiptiese parfuumolie wen.

Twané Lutman van Krugersdorp is vroeër as ons Herfsbruid vir 2023 aangewys.

Wat is Tapputi?

Vroue reg oor Suid-Afrika is gaande oor die splinternuwe Egiptiese parfuumolie-reeks, Tapputi. Hierdie luukse reeks is in November 2022 bekendgestel en word ondersteun deur bekende gesigte soos Margit Meyer-Rodenbëck, Chané Grobler, Rozanne McKenzie, Vourne Kgosinkwe en Danelle Liebenberg ElFar.

Vriendinne koop dit vir mekaar, pa’s koop dit vir hulle dogters, ma’s vir hulself of dogters, dogters vir hul ma’s, mans vir hul vrouens, besighede vir hul werknemers, bruide vir hul strooimeisies en so gaan die lys aan.

Tapputi is ’n unieke luukse parfuumolie-reeks wat sag is op die vel, tot en met agt ure hou en direk vanaf Egipte ingevoer word. Dié reeks parfuumolies is A-graad, onverdun, vry van enige alkohol en chemikalieë en bestaan uit 14 geure. Die kersie op die koek, natuurlik, is die beeldskone antieke botteltjies waarin hierdie wonderlik parfuumolies aangebied word.

Die naam, Tapputi, is geïnspireer deur Tapputi Belatekallim wat beskou word as die wêreld se eerste amptelike vroulike chemikus – ’n parfuummaker wat op ’n antieke spykerskriftablet genoem word. Argeoloë het bewyse van haar werk gevind op ’n Assiriese spykerskriftablet wat uit 1200 v.C. dateer in Babiloniese Mesopotamië.

As koninklike parfuummaker, was Tapputi nie net die hoof van haar eie huishouding (wat is wat  “Belatekallim” beteken) nie; maar word ook beskou as ’n kenner in haar veld en die amptelike hoof van die parfuumaanleg by die paleis.

Tapputi is tans slegs aanlyn of by uitgesoekte boetiekwinkels beskikbaar, maar sal na verwagting voor die einde van 2023 in nog meer boetiekwinkels, landswyd, beskikbaar wees.

Klik hier om die webwerf te besoek, of sluit aan op FacebookInstagram en TikTok.

Maroela se Bruid van die Jaar-kompetisie

Dream Hotels & Resorts het seker gemaak daar is groot pryse, ter waarde van byna R60 000, op die spel. Ons gaan elke seisoen ʼn seisoenebruid aankondig en aan die einde van die jaar gaan ons lesers die geleentheid kry om die Bruid van die Jaar aan te wys. Ons het reeds ʼn Somerbruid en ʼn Herfsbruid aangewys.

Ons gaan deur die loop van die jaar ook ʼn Winterbruid (troues in Junie – Augustus 2023) en Lentebruid (September – November 2023) aanwys. Hou dus Maroela dop as jy wil seker maak jy skryf vir dié opwindende kompetisie in!

Jy staan met die stemmery vir elke seisoenebruid telkens kans om ʼn wonderlike prys te wen – bly dus ingeskakel!

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.