Vadersdag-kompetisie: Wen ’n jagnaweek vir twee in die Bosveld

Argieffoto (Foto: Shutterstock)

As Pa moeg word vir die lewe in die stad, is ʼn wegbreek na die Bosveld net wat hy nodig het!

Jy staan die kans om ʼn jagnaweek vir twee te wen na Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle Farm in die hartjie van die Waterberge (Vaalwater-omgewing), ongeveer 230 km buite Pretoria. Luukse safaritent-verblyf, ʼn midbyt (“brunch”) en die jag van twee rooibokke is by die prys ingesluit. Jy kan ook met Berchtesgaden reëlings tref indien jy graag wou opgradeer na ʼn ander spesie of ekstra bokke wou jag.

Die jagnaweek strek van ʼn Vrydag tot die Sondag, maar jou verblyf kan op versoek verleng word (die ekstra koste is dan natuurlik vir jou eie sak).

Voltooi bloot die vorm hieronder teen 12 Junie 2023 om in aanmerking te kom vir die prys. Ma of Pa kan self die inskrywing namens die kinders voltooi, of die kinders kan self inskryf, solank as wat die persoon wie se kontakbesonderhede verskaf word, ouer is as 18.

By Berchtesgaden is alle geriewe geskep met die een gedagte as prioriteit – almal wat kom kuier moet dit ervaar asof dit ʼn droom is wat waar geword het.

Die wenner sal voor Vadersdag gekontak word sodat jy jou pa op Vadersdag kan bederf met die nuus dat jy vir hom ʼn jagnaweek gewen het.

Berchtesgaden spog ook met ʼn vierstergradering van JagLekker en ʼn BestValue-toekenning van Afristay. Hulle is ook bekroon deur LuxLife, ʼn internasionale tydskrif met meer as 250 000 lesers as “Best Country Accommodation in Limpopo”.

Skryf nou in

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 12 Junie 2023 @ 23:45.
  • Maroela Media en Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle Farm is nie verantwoordelik vir enige skade of verlies wat jy of jou metgesel mag ly voortspruitend uit die kompetisie nie.
  • Die beslissing deur die beoordelaars is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Twee rooibokke word by die pakket ingesluit en word per gids aangewys.
  • Die prys sluit slegs die verblyf, die jag van twee rooibokke en midbyt vir twee persone vir twee dae in. Enige ander uitgawes (etes, drankies, ekstra verblyf vir meer persone of enige ander ekskursies en aktiwiteite) is vir jou eie sak.
  • Indien die wenner graag familie en vriende wil saamnooi, kwalifiseer hulle vir 25%-afslag op akkommodasie.
  • Selfsorgfasiliteite is beskikbaar vir enige ander etes.
  • Jou vervoer na en van Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle Farm is nie by die prys ingesluit nie. Jy en jou jagvriend is dus self verantwoordelik om by die plaas uit te kom. Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle is geleë 26 km buite Vaalwater, op pad na Ellisras, ongeveer 230 km vanaf Pretoria.
  • Die prys moet voor 1 November 2023 gebruik word.
  • Die prys is oordraagbaar na ʼn familielid of vriend – mits die persone ook voldoen en instem tot die bepalings en voorwaardes vir hierdie kompetisie. Die persone moet skriftelik aan Maroela Media bevestig dat hulle in só geval die bepalings en voorwaardes gelees het en dit aanvaar.
  • Die jagpakket en verblyf is slegs vir twee persone.
  • Die wenner sal so vinnig as moontlik ná die sluitingsdatum van 12 Junie 2023 aangewys word en Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle Farm sal verdere reëlings met die wenner tref.
  • Indien die persoon nie die prys voor 1 November 2023 kan gebruik nie, verbeur die persoon die prys en sal ʼn nuwe persoon as wenner aangewys word.
  • Met jou inskrywing stem jy in dat Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle Farm en Maroela Media jou persoonlike besonderhede stoor en jou kontak vir promosies en vrywillige ondersteuning.
  • Personeellede van Maroela Media en Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle Farm kom nie in aanmerking vir die prys nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.