WEN: Ons is op soek na Maroela se supervroue!

ATKV-Eiland Spa

Het jou ma supersoniese gehoor om te weet wanneer die kinders met kattekwaad besig is? Het sy oë agter haar kop wat kan sien wat op die agtersitplek van die motor gebeur? Is sy so besig om altyd haar gesin en ander mense te help dat jy soms wonder of sy dalk meer as twee arms het?

Is jou vrou, dogter, buurvrou of vriendin die steunpilaar by haar werk, of staan sy dalk aan die hoof van ʼn onderneming? Is sy ʼn tuisteskepper of tuisbly-mamma?

Is haar liefde só onvoorwaardelik dat jy soms wonder of haar hart so groot soos ʼn passasierskip is? Dan moet jy haar vir dié spesiale Vrouedag-kompetisie inskryf!

Die ATKV het wonderlike pryse geborg vir drie Maroela-supervroue.

Wat kan die supervrou wen?

Drie Maroela-supervroue staan die kans om elkeen ʼn midweek (Sondag 14:00 tot Donderdag 10:00) in ʼn standaard eenheid by een van die ATKV se sewe selfsorgvakansieoorde van haar keuse te wen.

Dié oorde is ATKV-Buffelspoort naby Rustenburg, ATKV-Drakensville aan die voet van die Drakensberge naby Bergville, ATKV-Eiland Spa naby Tzaneen, ATKV-Goudini Spa naby Worcester, ATKV-Hartenbos langs Mosselbaai, ATKV-Klein-Kariba naby Bela Bela en ATKV Natalia by Illovo in KwaZulu-Natal.

Vir meer inligting oor die oorde, besoek gerus die webwerf atkvoorde.co.za.

Die prys sluit akkommodasie vir vier persone in. Omdat dit selfsorgoorde is, moet jy self voorsiening maak vir alle etes. Daar is wel restaurant- en winkelfasiliteite indien jy daarvan gebruik wil maak.

Wat moet jy doen?

Stuur jou inskrywing voor 9 Julie 2023 in en vertel vir ons wat maak van jóú ma/vrou/dogter/vriendin (of jouself!) ʼn supervrou – en stuur gerus sommer ook ʼn foto sodat ons kan sien hoe lyk al hierdie supervroue!

Jy kan jouself ook nomineer.

ʼn Beoordelaarspaneel sal dan ʼn rits vroue as finaliste aanwys en vanaf 11 Julie 2023 sal jy vir jou gunstelinge uit dié lys kan kom stem waarna drie van hulle met die wonderlike ATKV-prys sal wegstap.

ATKV-oorde

Geleë in sommige van die mooiste dele van ons land, en omring deur kulturele juwele, erfenisterreine en ander opwindende toeristeaantreklikhede, vind jy sewe oorde waar gaste verwelkom word met ongeëwenaarde gasvryheid.

ATKV-Buffelspoort

Minder as ’n uur van beide Pretoria en Johannesburg en net ’n klipgooi van die wêreldbekende Sun City, lê ATKV-Buffelspoort.

Met verskillende soorte selfsorgakkommodasie, ontspanningsgeriewe en aktiwiteite, ’n restaurant, kitskosfasiliteite en goed toegeruste winkel is ATKV-Buffelspoort die ideale basis vanwaar jy die talle toeristeaantreklikhede in die omgewing kan verken.

Ons kampeergeriewe is veral gewild. Benewens ons 4-bedtenthuise het ons ’n magdom kampeerstaanplekke onder skaduryke bome of gepavleide staanplekke met skadunette, kragpunte en ‘n braai-area. Daar is uitstekende opwas- en ablusiefasiliteite.

Perfek vir aksie en avontuur, of net luilekker rus en vrede – die volmaakte gesinsvakansie! Boonop bied die omgewing se rustigheid die regte atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning.

ATKV-Buffelspoort – ons oase in die Magaliesberge.

ATKV-Drakensville

Net ’n rapsie meer as drie uur se ry van Johannesburg en Bloemfontein en sowat twee en ’n halfuur van Durban af, lê ATKV-Drakensville naby die voetheuwels van die Drakensberg-amfiteater, ’n Wêrelderfenisgebied.

ATKV-Drakensville, ’n mekka van asemrowende uitsigte, word omring deur historiese bakens en bied toegang tot talle toeristeaantreklikhede in die omgewing.

Die oord het verskeie soorte akkommodasie, avontuuraktiwiteite, ontspanningsgeriewe, ’n restaurant, kitskos-, koffie- en geskenkwinkel.

Drakensville is perfek vir jou sprokiestroue, ‘n suksesvolle konferensie of ʼn uitmuntende spanbouprogram!

ATKV-Drakensville is die provinsiale Lilizela-wenner in die Karavaan-en-Kamperingafdeling (3-ster).

Verruil die stadstoneel vir skouspelagtige natuurtonele in die Drakensberge!

ATKV-Klein-Kariba

Sowat negentig minute van Johannesburg af, net buite Bela-Bela, sprankel ATKV-Klein-Kariba in een van die Waterberge se mooiste klowe.

Hierdie pragoord bied ’n wye verskeidenheid akkommodasie met egte Bosveld-gasvryheid.

‘n Verskeidenheid aktiwiteite, ontspanningsgeriewe en fasiliteite soos ‘n restaurant, kitskosafdeling en ‘n goed toegeruste winkel verseker dat gaste nie een ongerieflike oomblik beleef nie. Boonop is Klein-Kariba geleë op die Bosveld-toeristeroete en die ideale basis vir verskillende dagtoere.

Met moderne fasiliteite vir groepe van tot 700 bied ATKV-Klein-Kariba se rustigheid en vreedsame stilte die perfekte atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning en konferensies.

Of kom maak jou droomtroue waar met ʼn bostroue in ons eie klipkapel by ‘n betowerende waterval.

ATKV-Klein-Kariba – ware gasvryheid by die juweel van die Bosveld!

ATKV-Eiland Spa

Op die suidelike oewer van die Letabarivier slegs 68 km oos van Tzaneen in die Limpopoprovinsie, lê ATKV-Eiland Spa in die hartjie van die Hans Merensky-natuurreservaat.

Eiland Spa spog heeljaar met warm, sonnige weer en saam met die uiteenlopende natuurskoon is hierdie oord een van die gewildstes in Suid-Afrika. Met ’n verskeidenheid selfsorgakkommodasie, ontspanningsgeriewe en -aktiwiteite, restaurant, asook ’n helende hidrospa is ATKV-Eiland Spa net die plek vir die hele gesin om te kom ontspan.

Die rustige kalmte en vreedsame stilte van die omgewing skep die ideale atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning en spanbou.

Ontspan en geniet ware gasvryheid by ons toevlugsoord in Limpopo.

ATKV-Eiland Spa

ATKV-Natalia

Net 40 km suid van Durban wag ATKV-Natalia Strandoord dat jy spore kom trap in sy silwerwit seesand en lyf kom natmaak in sy blinkblou water … ’n tropiese paradys waar die weer heeljaar soel en salig is.

Akkommodasie by ATKV-Natalia bestaan uit ’n keuse van ruim, gesellige selfsorgwoonstelle in verskeie groottes en ’n boomryke woonwapark met spogfasiliteite. Benewens al die ontspanningsfasiliteite by die oord is Natalia net ’n klipgooi ver van allerhande opwindende en interessante toeristeaantreklikhede in die omgewing.

Met moderne fasiliteite vir 400 mense kan ATKV-Natalia konferensiegroepe en selfs skoolgroepe huisves.

ATKV-Hartenbos

ATKV-Hartenbos lê op die wêreldbekende Tuinroete tussen Kaapstad en Port Elizabeth, ongeveer 8 km van Mosselbaai en 40 km van die George-lughawe.

Sakpas-gesinsvakansies by die see is moontlik met ATKV-Hartenbos se verskillende soorte akkommodasie waar jy per eenheid betaal en nie per persoon nie. Voeg hierby ’n magdom aktiwiteite en ontspanningsgeriewe, ’n restaurant, kitskosafdeling en geriefswinkel en jy het alles wat jou hart begeer. Hartenbos is ook die ideale basis vanwaar mens jou vakansie verder kan inkleur met besoeke aan talle toeristeaantreklikhede in die omgewing.

Met konferensiefasiliteite wat groepe van tot 1 000 persone kan huisves, is ATKV-Hartenbos die perfekte keuse vir ’n inspirerende konferensie.

ATKV-Hartenbos is ‘n semifinalis van die AA Travel Guide/American Express-akkommodasietoekennings in die kategorie: Groot selfsorgoorde in Suid-Afrika.

Jou tuiste langs die Tuinroete!

ATKV-Goudini Spa

ATKV-Goudini Spa (

Skaars ’n uur van Kaapstad in die hartjie van die Bolandse berge lê ATKV-Goudini Spa met sy helende mineraalbaddens en te veel pretdinge om in een vakansie in te pas.

ATKV-Goudini Spa se verskeidenheid selfsorgakkommodasie, vermaak en ontspanningsgeriewe sal selfs die kieskeurigste vakansieganger gelukkig maak. Aktiwiteite op die oord sluit in verskillende natuurlik verhitte swembaddens, warmwaterglyplank, tennis- en vlugbalbane, asook ‘n speletjieskamer en staproetes in die natuurskoon.

Ons oord beskik oor uitstaande konferensielokale wat tot 800 konferensiegangers kan huisves met nege verskillende konferensielokale om van te kies. Dit is ook die ideale keuse vir ’n perfekte huweliksonthaal met pragtige uitsigte oor die Breedevallei.

ATKV-Goudini Spa beskik oor ’n gelisensieerde restaurant, geriefswinkel en skoonheidsalon op die oord, asook ʼn wassery, kitsbank en Halaal-gesertifiseerde wegneemetes.

Perfek vir gesinsvakansies.

Geniet borrelende pret in die Wes-Kaap!

Nomineer ʼn supervrou

Bepalings en voorwaardes

  • Jy kan jouself as supervrou nomineer.
  • ʼn Supervrou kan deur meer as een persoon genomineer word.
  • Jy kan soveel verskillende supervroue nomineer as wat jy wil.
  • Enigiemand kan aan die kompetisie deelneem, maar as jy inskryf, gee jy toestemming dat ons jou inskrywing en die opsionele foto op Maroela Media se webwerf en sosialemediakanale mag deel.
  • Jy en die supervrou wat jy nomineer, moet ouer wees as 18 jaar.
  • Genomineerde supervroue moet in Suid-Afrika bly of die vakansie in Suid-Afrika kan onderneem.
  • Die prys kan nie vir kontant verruil word nie.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Maroela Media en die ATKV kan nie aanspreeklikheid aanvaar indien jou inskrywing ons weens enige rede nie betyds bereik nie.
  • Maroela Media sal nie jou of die wenner se persoonlike kontakbesonderhede met enige derde party deel nie, dit is slegs vir Maroela Media se gebruik.
  • Inskrywings om die supervroue te nomineer sluit op Sondag, 9 Julie 2023 om 23:45.
  • ʼn Rits finaliste sal in die week van 10 Julie 2023 op Maroela Media bekendgemaak word waarvoor lesers kan stem.
  • Die finaliste sal telefonies en per e-pos deur Maroela Media gekontak word.
  • Die drie persone wat die meeste stemme tussen 11 Julie 2023 en 6 Augustus 2023 ontvang, sal as die wenners aangekondig word.
  • Die drie wenners sal telefonies en per e-pos deur Maroela Media gekontak word.
  • As jy nie iets van ons hoor nie, kan jy aanvaar dat jy nie een van die wenners was nie.
  • Die prys/akkommodasie is geldig tot 28 Februarie 2024.
  • Borgskap kan nie verleng word nie, en moet in bogemelde periode gebruik word.
  • Die prys is nie geldig gedurende die skoolvakansie, naweke en oor langnaweke nie.
  • Prys is nie oordraagbaar/verkoop- of omruilbaar nie. Pryswenner moet identifiseerbaar wees by oord.
  • Vervoerkoste na en van die oord is vir jou eie rekening.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.