Gedagte vir die dag: Alle goedheid

 boom-landskap-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com/mbll

Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. (Efesiers 1:3)

Al die goedheid van die verlede, hede en toekoms gee Christus vir sy mense. Jesus het in alle ewigheid die voorreg van sy Kindskap gehad, en Hy het ons deur sy genadige aanneming en vernuwing ook tot God se kinders verhoog en ons so die reg gegee om kinders van God te word (Joh. 1:12).

Ons kan verseker wees dat ons veilig is in Hom. Ons het ook die seën wat spruit uit nederige gehoorsaamheid, versoening, opstanding, hemelvaart en Jesus wat vir ons by die Vader intree. Hy het self aan ons hierdie dinge gegee. Hy onthou van ons behoeftes in sy pleidooie voor die Vader se troon.

Bron:  Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.