Gedagte vir die dag: Die binnekamer

Stiltetyd-31.jpg

Foto verskaf aan Maroela Media

As jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader. (Matteus 6:6)

Gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie.” Dit beteken twee dinge. Sluit die wêreld uit, onttrek jouself aan alle wêreldse gedagtes en aktiwiteite en sonder jouself alleen saam met God af om in jou enigheid tot Hom te bid. Streef in gebed daarna om onder die besef van jou hemelse Vader se teenwoordigheid te kom.

Gebede wat in die verborgenheid gebid word, word deur God se verborge werking in my hart volbring.

Gebed in gemeenskap met Jesus kan nooit tevergeefs wees nie.

Bron:  Die Goddelike Geheim deur Andrew Murray
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

FM ·

Amen

Ons volkie het die tyd met Vader broodnodig

Span saam in gelowige gebed

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.