Gedagte vir die dag: Breek die deur af

woestyn_klip_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

“Goed dan,” sê Jonatan. “Ons sal oorgaan sodat hulle ons kan sien. As hulle vir ons sê: ‘Bly waar julle is, of ons sal julle doodmaak,’ moet ons hier bly en nie na hulle toe gaan nie. Maar as hulle sê: ‘Kom op hierheen,’ dan gaan ons op na hulle toe. Dit sal die teken wees dat die Here hulle aan ons oorgegee het” (1 Sameul 14:8-10)

Vir Jonatan was dit nie so maklik soos om te soek vir ’n oop deur om God se wil te bepaal nie. Hy moes kies tussen twee ewe moeilike opsies. Keith Ferrin skryf: “Die mees algemene antwoord op die vraag: Wat is God se wil vir my lewe? is: As dit God se wil is, sal Hy die deur vir my oopmaak. As dit nie sy wil is nie, sal Hy die deur toemaak. Dit klink goed, maar ek dink nie dit is so Bybels nie. Soms maak God die deur oop. Ander kere wil Hy hê jy moet dit oopskop.”

God maak deure oop en toe. Dikwels is dit ’n aanduiding van sy wil vir ons. Maar God roep selde sy mense om te stap op die paaie van die minste weerstand. Allerhande soorte dwase, verleidelike en doodmaklike deure staan wawyd oop voor ons en dit is glad nie God se wil vir ons om daar in te gaan nie. En soms is ’n deur gesluit en jy dink: Hoekom die moeilike pad kies?

Kom ons bid vir wysheid om te kan weet deur watter oop deure ons behoort te stap, en watter toe deure ons behoort oop te skop.

Here, dankie dat u doelwitte nie deur ’n toe deur gestuit kan word nie. Amen.

Bron: Reis lig deur die lewe deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie vir al U genade en seëninge Here. Amen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.