Gedagte vir die dag: Ons Here Jesus Christus    

Israel_berg_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die Heilige van Israel is jou Verlosser. (Jesaja 54:5)

Jesus, ons Verlosser het om óns onthalwe aarde toe gekom; al die bedienings van Christus is daar om óns onthalwe. Hy is vir ons Koning, Priester, Profeet. Daarom is sy menslikheid in al die volmaaktheid daarvan vir ons bedoel. Ons genadige God bied aan ons die vlekkelose deugde van sy vlekkelose karakter. Hy gee vir ons die beloning wat Hy verwerf het met sy gehoorsame onderdanigheid en lojale diens.

Die onbesoedelde kleed van sy lewe bedek ons met skoonheid. Die skitterende deugde van sy karakter is ons juwele. En die bomenslike sagmoedigheid van sy dood is ons trots en heerlikheid. Al sy gedagtes, emosies, aksies, wonderwerke, gebede en alles wat Hy gesê het, was vir ons. Christus is in elke opsig óns Christus om vir ewig ryklik te geniet.

Bron:  Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.