Gedagte vir die dag: Dankbaarheid en hartseer

 voetspore-strand-see-borissk-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay/borisSk.com

‘n Groot menigte van die volk het agter Jesus aan geloop, onder wie ook vroue wat oor Hom getreur en gehuil het. (Lukas 23:27)

In die menigte wat die Verlosser na sy dood toe gejaag het, was daar ’n paar siele wat aan hul hartseer uiting gegee het. Daardie vroue het rede gehad om Christus lief te hê en te ween, maar ek het ook. Een was dalk die weduwee van Nain wie se seun uit die dood opgewek is. Maar ek is ook opgewek tot ’n nuwe lewe.

Nog een was dalk Petrus se skoonma: genees van koors. Maar ek is genees van ’n groter siekte: sonde.

Sekerlik was Maria Magdalena daar, uit wie Jesus sewe duiwels gedryf het. Maar Hy het ’n hele legioen van boosheid uit my gedryf.

Aangesien ek my Verlosser net soveel skuld as hierdie vroue, laat ek dan by hulle aansluit in my dankbaarheid en hartseer.

Bron:  Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa ·

Ek sluit my ook aan by hiérdie groep, uit dankbaarheid en hartseer…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.