Gedagte vir die dag: Die Heilige Gees

Foto: pixabay.com

Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig. (Johannes 16:14)

Ons Here het daardie laaste nag toe Hy by sy dissipels was, belowe om die Heilige Gees as Trooster te stuur. Alhoewel Hy liggaamlik nie meer by hulle was nie, sou hulle sy teenwoordigheid in en by hulle op ’n wonderlike manier ervaar.

Wanneer ek hierdie waarheid snap, begin ek my diepe afhanklikheid van die Heilige Gees voel en sal ek tot die Vader bid om Hom in al sy volheid in my hart uit te stort. Die Gees sal my leer om die Woord lief te hê, dit te oordink en dit te bewaar. Hy sal Christus se liefde aan my openbaar sodat ek Hom met ’n suiwer, brandende hart kan liefhê.

Bron:  Die Goddelike Geheim deur Andrew Murray
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

FM ·

Dis HEERLIK !!!!!!!
Daardie wonderlike gewaarwording!!!!!

Dankie JESUS
Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.