Gedagte vir die dag: Die rivier van die lewe       

wildernis_rivier_stroom_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Toe het die engel my die rivier met die water van die lewe gewys. Dit is helder soos kristal en dit stroom uit die troon van God en van die Lam uit. (Op 22:1)

Dit is tyd dat ons deur geloof leef en nie deur sien nie (2 Kor 5:7). Ons wil geloof hê soos die karakters in die Bybel, soos dié wat in Hebreërs 11 genoem word. Dan wil ek vandag vir jou sê, dit is tyd vir ons om op te staan, magtige manne en vroue van God. Dit is tyd om vir die wêreld te wys dat ons nie op die dinge van hierdie wêreld vertrou nie. Ons is afhanklik van die Here Jesus Christus, wat ons nooit sal verlaat en ons nooit in die steek sal laat nie.

Gaan uit en plant mielies in die geloof. Gaan uit en skryf daar die eksamen met vertroue. Gaan uit, begin daar die onderneming in geloof. Gaan uit, besoek daardie skuldeisers vir wie jy so baie skuld. Sê vir hulle: “Ek sal julle betaal sodra die rivier weer begin vloei.” Jy sal verras wees. Hulle sal met graag te wag, want hulle is in dieselfde situasie.

Onthou, jou gesindheid bepaal wat jy bereik. Laat dít van dag jou gesindheid wees: Kan jy die rivier in jou verbeelding sien? Dit styg tot by my knieë, tot by my heupe, tot by my nek. Daar loop ’n rivier en dit is die rivier met die water van die lewe en dit vloei voort uit die bron van lewe, Jesus Christus, die Seun van God. Plaas jou vertroue vandag, nie in die rivier nie, maar in die bron van die rivier, die Here Jesus Christus!

Bemagtig my deur u Heilige Gees, Here, om my geloof in hierdie wêreld uit te leef, om vir U op te staan. Ek glo in U, die bron van lewe.

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Willemien ·

Ek het ‘n lange nag gehad, amper niks geslaap nie. Daar is so baie dinge wat deur my kop maal. Dan kom ek by die werk en hierdie magtige, kragtige boodskap van die Here verlig my pad. Laat ons in God glo, Ons lewende God, bron van ons lewe en alles wat leef.

Genieve ·

Amen prys die Here God is ons uitkoms dankie vir hierdie rivier wat vloei soos nog nooit tevore nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.