Gedagte vir die dag: Dink met dank – ons kunswerk

kinders_stap_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

As jy aanvaar wat ek vir jou sê, sal jy insig hê in wat regverdig, reg en billik is. Jy sal op die goeie pad bly. Wysheid sal jou denke bepaal. Jy sal lief wees vir kennis.  (Spreuke 2:9-10)

Opvoeding is ’n kuns, nie ’n wetenskap nie. As ’n ouerpaar daarop fokus en bid om hierdie kunswerk goed te doen, sal die Here van hulle kunstenaars maak. Waar loop mens sulke kunsklasse? Dit begin met gebed waarin jy vir die groot Kunstenaar wysheid vra en veral ook vir die gesindheid van leerbaarheid.

Leerbaarheid is nodig sodat ons nie sal volstaan met dit wat óns dink die beste is of die manier waarop my ouers my grootgemaak het nie (want my ouers se metodes was ook feilbaar). Daarna moet ons die beste kennis soek by kundiges, net soos ons natuurlik die beste mediese en opvoedkundige hulp soek. Dan volg spanwerk: Twee ouers wat daagliks hardop by mekaar dink en dit wat hulle raaksien met mekaar deel. Laastens gebruik jy ook jou Christenvriendegroep as klankbord, want “it takes a village to raise a child”.

Wees verseker van die groot Kunstenaar se hulp.

Lees Spreuke 2:10 verwys na die pragtige resultaat van opvoeding.

Bron: Elke dag saam met God deur Henk Gous
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.