Gedagte vir die dag: Die eerste liefde

voetspore_woestyn_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek het dit teen julle: julle het My nie meer so lief soos in die begin nie. (Openbaring 2:4)

Dit is ’n baie ontstellende gedagte: ’n kerk of ’n gemeenskap of ’n Christen kan in elke opsig ’n voorbeeld wees, en tog kan die binnekamer-liefde vir die Here Jesus ontbreek.

Alles word daardeur bepaal. Christus het uit die hemel gekom om ons lief te hê met dieselfde liefde waarmee die Vader Hom liefgehad het. Hy het gely en gesterf om my hart vir hierdie liefde te wen. Sy liefde kan deur niks minder nie as ’n diep, persoonlike liefde uit my hart beantwoord word. Christus beskou dit as lewensnoodsaaklik. Behoort jy nie ook nie?

Bron:  Die Goddelike Geheim deur Andrew Murray
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.