Gedagte vir die dag: Ek kry nié alles wat ek vra nie

baba_hand_pappa_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

As sondige mense soos julle dan goed weet om goeie dinge aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader goeie dinge gee aan hulle wat dit van Hom vra? (Matteus 7:11)

Hierdie teks klink amper te goed om te glo: Vra enigiets en jy sal dit kry. Kan dit waar wees? Nee, want God is nie ’n kitsbank nie. Dit sê dat Hy ’n Vader, ’n hemelse Ouer is. Dit gee dus nie ’n blanko tjek om enigiets buitensporigs te vra nie, want ’n goeie ouer gee nie enigiets nie, maar spesifiek “goeie” gawes wat hy weet die beste is. ’n Goeie ouer gee soms juis nié wat ’n kind vra nie, want hy weet beter. Die teks sê dat ons vrymoedig en volhardend mag bid, want die hemelse Vader se gesindheid is meer liefdevol as ons s’n teenoor ons eie kinders.

Wat is jou prentjie van die hemelse Vader: liefdevol en goedgesind soos ’n goeie ouer, of dalk kwaai? Hoe gemaklik vra jy? Hoe gemaklik aanvaar jy iets anders as wat jy gevra het omdat dit dalk verrassend tog goed sal wees?

Laat die waarheid van Matteus 7:7-11 in jou hart insink.

Bron: Elke dag saam met God deur Henk Gous
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here vir elke seening wat ek uit U hand ontvang , met dankbaarheid bring ek vir U die lof en eer..Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.