Gedagte vir die dag: Ek val, maar ek staan elke dag op

Israel_berg_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Hoe mooi klink die voetstappe op die berge van hulle wat goeie nuus bring en vrede en verlossing aankondig, wat vir Sion sê: “Jou God regeer!” (Jesaja 52:7)

Die woorde van D.L. Moody resoneer diep met my: “I am only one, but I am one. I cannot do everything, but I can do something. And that which I can do, by the grace of God I will do.” My “superkragte” is nie om deur die lug te kan vlieg soos al wat ’n superheld is in die flieks nie. Of om vinniger as lig te hardloop nie. Ek kan nie kitswonderwerke produseer soos party TV-predikers nie. Of gebede bid wat die aarde laat bewe en mense laat neerslaan nie.

Eintlik wil ek maar net met integriteit dit doen wat ek vir die Here moet doen. Ek weet ek moet my geloof in Christus konsekwent uitleef en ander mense dien met my paar talente. Kry ek dit reg? Wel, so sukkelend en stamelend, om die minste te sê! Maar ek doen dit. Ek struikel dikwels oor my woorde. Ek slaan neer oor my onbeholpenheid. Partykeer laat ek die Here en ander mense sleg in die steek. Maar deur sy genade staan ek elke keer weer op as ek val. Want ek kan elke dag iets spesiaals vir die Here doen. En ek sal!

Bron: ‘n Veilige Vesting deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here dat U my ophelp na elke val…..U genade is vir my genoeg…….Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.