Gedagte vir die dag: Gelowige geslagte

Argieffoto (Foto: Cristina Gottardio/Unsplash)

“Welgeluksalig is die man wat die Here vrees, Bet. wat ʼn groot welbehae in sy gebooie het. Sy nageslag sal geweldig wees op die aarde; die geslag van die opregtes sal geseën word” (Psalms 112:1-2).

Skrifgedeelte
Psalm 112:1-2

Oordenking
As jy ʼn gelowige is, sal jou gesin, jou kinders, jou kleinkinders en selfs jou agterkleinkinders geseënd wees as gevolg van jou lewenstyl. Ek hoor van baie bejaardes wat geld wegsit vir hulle kinders en kleinkinders vir wanneer hulle self nie meer daar is nie. Dit is ʼn pragtige ding om te doen, maar ek verseker jou die grootste geskenk wat jy vir jou kinders of vir hulle kinders kan nalaat, is jou voorbeeld as navolger van Jesus Christus.

Ek het talle mense ontmoet wat vir my vertel het hoe hulle hulle oupas en oumas die Woord sien lees het en vir hulle familie hoor bid het. Onthou, “die gebed van iemand wie se saak met God reg is, het ʼn kragtige werking” (Jakobus 5:16). Die grootste geskenk wat jy vir jou gesin kan gee, is om daagliks vir hulle te bid: vir hulle redding en dat die vrede van God in hulle harte sal wees. Bid ook dat hulle suksesvol sal wees, in alles wat hulle ook al in die lewe probeer doen.

Ons moet ons prioriteite regkry. Dit is een ding om baie geld vir jou kinders en kleinkinders na te laat, maar as hulle geen rigting of visie vir hulle lewe het nie, hang jy eintlik ʼn meulsteen om hulle nek. Bid liewer dat hulle die Redder van die wêreld sal ontmoet en ambassadeurs vir Jesus Christus sal word. Dit is die beste nalatenskap wat jy vir jou familie kan agterlaat.

  • Hierdie oordenking verskyn in Op pad met God deur Angus Buchan. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.