Gedagte vir die dag: Sien potensiaal in ander

Argieffoto (Foto: Helena Lopes/Unsplash)

“Barnabas het egter gesien Saulus se geloof in Jesus is eg. Hy het hom jammer gekry en hom toe aan die apostels gaan voorstel. Barnabas het hulle vertel hoe die Here aan Saulus verskyn en met hom gepraat het. Hy het ook vertel dat Saulus nie bang was om in Damaskus vir die mense te sê dat Jesus die Here is nie” (Handelinge 9:27).

Skrifgedeelte
Handelinge 9:27

Oordenking
Mense kan baie hard en krities op mekaar wees. Dit is asof hulle daarop uit is om met ander fout te vind en dan te kritiseer. Dit het alles te doen met ʼn lewensingesteldheid. Hoe kyk jy na mense? Iemand het eendag gesê dat as jy daarop ingestel is om die mooi in mense te sien, jy ʼn klomp pragtige mense om jou sal raaksien.

Saulus het groot skade aan die kerk en aan Christene se lewens aangerig, maar hy het ʼn definitiewe ontmoeting met Jesus gehad wat sy lewe handomkeer verander het. Die Christene was egter skepties en baie versigtig vir hom. Barnabas was egter anders: Hy het gesien Paulus se lewensverandering is eg en hy het hom aan die apostels gaan voorstel. Barnabas het Paulus se potensiaal raakgesien en was bereid om hom te help.

Hoe kyk jy na mense? Dit is belangrik om die mooi en die potensiaal in ander raak te sien eerder as om hulle die hele tyd af te kraak en te kritiseer. Soek die “min” mooi mense en jy sal verbaas wees hoeveel mooi mense daar is.

  • Hierdie oordenking verskyn in Leef gefokus deur Johan Smith. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Herevir U wonderlike genade….ej wik Here deur U oë na ander kyk????

Manie ·

Ongelukkig sien ek weinig potensiaal in die meerderheid van my mede landsburgers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.