Gedagte vir die dag: Gemeenskap met God

arms_uitgestrek_man_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar. (Johannes 14:21)

God het Christus, sy Seun, gegee sodat ons met Hom versoen kan word. Maar dit is slegs moontlik indien ons in gemeenskap met Jesus Christus leef.

Ons verhouding met Christus berus op sy diep, tere liefde vir ons. Uit onsself is ons nie in staat om hierdie liefde te beantwoord nie. Maar die Heilige Gees sal die werk in ons doen. Daarom moet ek myself elke dag van die wêreld afsonder en in geloof na die Here Jesus wend, sodat Hy sy liefde in my hart kan uitstort en ek met ’n groot liefde vir Hom gevul kan word.

Bron:  Die Goddelike Geheim deur Andrew Murray
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.