Gedagte vir die dag:  God sien jou. Sien jy Hóm?

pad-vrou-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Gaan ek op na die hemel toe, is U daar; gaan lê ek in die doderyk, dan is U ook daar! (Psalm 139:8)         

Die wêreld is propvol Godgegewe momente. Magiese oomblikke. Hemelse stukkies wonders. Maar tog hardloop ons die meeste van die tyd toe-oë daar verby: Haastig om klaar te maak vir werk, op pad na ’n vergadering, vinnige inkopies, skinkbordetes voor die TV, ’n spring deur die stort en dan ná nog ’n dag, neerval in die bed! Nog ’n dag wat God daar was, maar ons Hom gemis het!

Daar is ’n geestelike wêreld daarbuite – veel groter as wat ons ooit sou dink – besig om in en om ons af te speel. Wanneer ons spesifiek daarop probeer fokus en God agter die gewone dinge van elke dag raaksien, verander die manier hoe ons die lewe met al sy voor- en teenspoed beleef. Dan weet ons: God is groter as die tasbare, sienbare en hoorbare, en Hy gee deur sy Gees aan my die vermoë om “groter” te sien. Maar dan moet ek my oë, ore en hart vir Hom oopmaak.

God is op hierdie oomblik één met jou en jou totale leefwêreld.

Gees van God, maak my hart sensitief vir u oral-wees.

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here vir hierdie kosbare Ps…..U is nader aan my as my skaduwee….met my mens oe sien ek net ten dele….maak my Geestes oe en ore oop…Amen

Festus ·

Geniet Maroela Media baie, dankie vir n Afrikaanse blad…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.