Gedagte vir die dag: Die goedheid van die Vader

pomegranate_vrug_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Mefiboset, wie se voete gebreklik was, het in Jerusalem gebly, want hy het van toe af by die koning aan huis geëet. (2 Samuel 9:13)

God is so lief vir sy eniggebore Seun dat Hy sy broers oplig uit die armoede en verval waarin hulle leef en hulle tot Koningskinders verhef. Die Here seën ons met sy vriendskap omdat Hy deur Jesus na ons kyk.

Ons tekortkominge ontneem ons nie ons voorregte nie. By God leer ons om nie in ons swakhede vas te kyk nie, want die almag van Christus is in ons.

Vader, help kreupeles om van vreugde te dans! Voed ons deur u voorsienigheid!

Bron:  Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.