Gedagte vir die dag: Goeie raad is kosbaar

blomme-veld-vrou-son-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Eerlike raad van ’n vriend is so aangenaam soos parfuum en so heerlik soos wierook. (Spreuke 27:9)

Die wonde veroorsaak deur iemand wat lief is vir jou is baie beter as die baie soene wat jou vyande jou wil gee. Eerlike raad van ’n vriend is so aangenaam soos parfuum en so heerlik soos wierook. (Spreuke 27:6, 9)

’n Ware vriend sal altyd vir ’n mens sê as jy iets verkeerds doen, selfs al is dit sleg om te hoor. Ware vriende gee te veel vir ons om om toe te laat dat ons onsself seermaak deur dwase keuses. Wanneer ons sukkel met ’n verkeerde houding of slegte gewoonte, kan ware vriende ons help om weer die regte koers in te slaan. Hulle kan ons aanmoedig om die regte dinge te doen sodat ons uit die moeilikheid kan bly en seën eerder as swaarkry kan ontvang.

’n Mens moet altyd die moed hê om die waarheid te vertel vir dié mense vir wie jy omgee. As jy sien ’n vriend of familielid is op die verkeerde pad, moet jy lief genoeg wees vir daardie persoon om hom of haar raad te gee. ’n Liefdevolle gesprek vandag is beter as om môre slegte gevolge te moet hanteer.

Het jy al raad gekry by iemand wat jou uit die moeilikheid gehou het? Wie het jou al gehelp om moeilike besluite te neem, die regte keuse te maak of Jesus te gehoorsaam? ’n Vriend se raad is ’n geskenk!

Here, maak ons asseblief nederig sodat ons sal luister na goeie raad. Maak ons self die soort vriende wat altyd goeie bedoelings het en die waarheid eerste stel. Amen.

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.