Gedagte vir die dag: Groter liefde

sonsopkoms_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek bid dat julle liefde vir mekaar meer en meer sal word deurdat julle ’n al beter begrip en ’n fyn aanvoeling ontwikkel. (Filippense 1:9)

Die eerste bewys van die Gees se teenwoordigheid in jou is dat jy liefde betoon aan die mense om jou. Hoe meer jy liefhet, hoe meer verinnig jy jou kennis van God en hoe groter word jou vermoë om liefde te ontvang. Hierdie liefde is egter nie ’n emosionele opwelling nie, maar die bereidwilligheid om ander se belange bo jou eie te stel. Om iets van jouself te gee om in iemand anders se behoefte te voorsien. Om mense te respekteer en hulle menswaardig te behandel.

Hoe meer jy liefhet, hoe meer Christusgelykwaardig sal jy word. En dit is die doel van dissipelskap.

Liefdevolle God en Vader, vergroot my vermoë om lief te hê tot eer van u Naam. Amen.

Bron: My gunsteling Bybel oordenkings
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.