Gedagte vir die dag: Hy het vir óns gekom

Jesus_kleed_stiltetyd.jpg

Foto: freebibleimages.org

Gesonde mense het die dokter nie nodig nie – die siekes wel. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars. (Markus  2:17)

Jesus het gekom omdat Hy geweet het ons het medisyne nodig. Die Here sê in Jesaja 1:5 van mense wat teen Hom gedraai het: “Julle koppe is stukkend geslaan en julle harte is siek.” In hierdie wêreld vol vyande en moeilikheid het ons sy hulp nodig om dié wat moeg geword het te versterk en “dié wat wil neer slaan” te bemoedig (Jesaja 35:3). Sonder God is ons van kop tot toon swak en vol sonde.

Jesus het gekom om vir almal van God se liefde te vertel. Hy het sy liggaam opgeoffer, gely en gesterf en uit die dood opgestaan sodat ons vir ewig saam met Hom in die hemel kan lewe. Hy was ons skoon van ons ou gedagtes, houdings, sondes en gewoontes. Ons harte en ons gedagtes word genees van bitterheid en seerkry. Hy plak nie net ’n pleister op seerplekke nie; ons word volkome nuutgemaak as mense wat “geestelik met Hom een is” en “tempels van die Heilige Gees” (1 Korintiërs 6:17, 19).

As geloofsgebruike ons van ons sonde kon genees, sou dit nie nodig gewees het vir Jesus om te kom nie. Hy het egter geweet ons het nodig om van binne af gesond gemaak te word. Ons is geseënd om Hom ons “dokter” te kan noem en te weet Hy kan ons vir altyd genees van sonde.

Here, maak ons asseblief van binne af gesond. Dankie dat U vir Jesus gestuur het om ons volkome nuut te maak. Amen.

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here dat U ons eerste lief gehad het, U het die hoogste prys denbaar vir ons betaal…was ons skoon in U kosbare bloed…in Jesus naam

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.