Gedagte vir die dag: Jesus het vir ons gely

bid_kniel_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Jesus het vir die tweede maal gaan bid en gesê: My Vader, as hierdie beker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied. Daarop kom Hy by sy dissipels en sê vir hulle: Kyk, die uur is naby, en die Seun van die mens word oorgelewer in die hande van sondaars. Staan op, laat ons gaan; kyk, hy is naby wat My verraai.  (Matteus 26:42, 45-46)

Toe Jesus na die aarde toe gekom het, was sy opdrag om te ly en te sterf vir ons sonde. Dit was sy roeping, en dit het in Betlehem begin en aan die kruis op Golgota geëindig. Jesus het nooit teruggedeins van sy roeping nie. Hy het wel bloed gesweet en geworstel daarmee, maar Hy het nooit afgewyk van die weg wat die Vader vir Hom daargestel het nie. Jesus is ons voorbeeld van lyding, net soos in alle ander fasette van die lewe.

Jesus het nooit ’n tuiste gehad nie. Hy het gesê: “Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie”  (Matteus 8:20). Hy was skaars gebore, toe probeer Herodes Hom doodmaak. Josef en Maria moes na Egipte toe vlug ter wille van Jesus se veiligheid (Matteus 2:13-18). Hy is keer op keer uitgelag, ook in sy tuisdorp, Nasaret  (Lukas 4:24, 28-29).

Hy het gely, Hy is misverstaan en Hy is wanvoorgestel. Hoekom? Hy het geregtigheid verteenwoordig. Sy grootste stryd was in die tuin van Getsemane toe  Hy  tot  sy  Vader  gebid  het:  “My  Vader, as  hierdie  beker nie by  My kan  ver bygaan  sonder  dat  Ek  dit  drink  nie,  laat  u  wil  geskied”  (Matteus  26:42).  Daar  was geen verligting vir Jesus nie. Hy moes na Golgota gaan sodat ek en jy vandag verlossing kan geniet. Jesus het die prys betaal sodat ons kan verstaan wanneer Hy vir ons sê:  “Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie”  (Hebreërs  13:5). Jy weet dat Jesus by jou is ten spyte van wat jy vandag moet verduur.

My Vader, ek kom vandag na U toe in die kosbare Naam van Jesus, my Verlosser. Ek dank U, Jesus, dat U gewillig was om vir my te ly en te sterf. Vader, dit is ter wille van Jesus se offer dat ek voor U kan buig vandag. Vader, ek dank U vir my verlossing.  Amen.

Bron: In stilwees en vertroue deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.