Gedagte vir die dag: Jesus is die avontuur 

Herder_skape_veld_stiltetyd.jpg

Argieffoto (Foto: Carbonchurch.com)

My skape luister na my stem; Ek ken hulle en hulle volg My. (Johannes 10:27)

Een van my gunsteling aanhalings is uit Winnie the Pooh. Winnie sê vir Christopher Robin: “As soon as I saw you I knew an adventure was going to happen.” Dit was ook die dissipels se voorland toe Jesus hulle geroep het om Hom te volg. Toe hulle die woorde “Volg My”, by Hom gehoor het, was niks ooit weer voorspelbaar daarna nie. Of veilig nie. Of vervelig nie. Of so rustig soos die meeste kerklike byeenkomste nie. Die hemel het elke dag op nuwe maniere bokant hulle koppe oopgegaan.

Die dissipels moes leer dit was nie nodig om eers die regte pad te ken voordat hulle die regte pad agter Jesus aangedurf het nie. Dan is die avontuur in elk geval daarmee heen. Die avontuur om agter Jesus aan te stap, begin met die wete dat Hy die regte pad is. Hy ken die pad ook deur en deur. Jy vertrou Hom hiermee. Alles op die pad vorentoe hoef nie voorspelbaar of bekend te wees nie. Volg net vir Jesus. Hy is die regte roete, die avontuurlike een. Saam met Hom loop jy groot bendes storm. In sy teenwoordigheid gebeur dinge op verrassende maniere.

Bron: ‘n Veilige Vesting deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Yvonne ·

Here help my om deur U oe te kyk…deur U oor te luister…….deur U hand te doen en deur U voete te loop waar U my stuur…….in Jesus naam

SomeOne ·

dankie dat U my nie ‘n gees van vrees gegee het nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing, Heilige Gees, gebruik en lei my in hierdie dag
Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.