Gedagte vir die dag:  Jy ís vry! Neem vandag dié vrede

koring_somer_son_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Terwyl hulle nog besig was om hierdie dinge te bespreek, het Jesus onverwags tussen hulle gestaan en vir hulle gesê: “Vrede vir julle!” (Lukas 24:36)

In die vorige dagstuk het ons die prentjie gesien van ’n bedremmelde kat en rot op ’n stuk dryfhout. Wel, toe Jesus gesterf het, was dit amper die prentjie van sy dissipels. Bedremmeld, bang en onseker kruip hulle weg in ’n donker vertrek. Hulle vrees die Romeinse vervolging, voel skuldig omdat hulle hul Here in die steek gelaat het en is totaal ontredderd oor die toekoms. Selfs dié wat ’n paar dae gelede gestry het oor wie nou regtig die belangrikste is, is nou saam in die krisis. Die elkeen vir homself, het nou plek gemaak vir ’n saamvoel- en saamdink-gesindheid.

Dan lees ons hoe Jesus tussen hulle kom staan met die groet: “Shalom!” “Vrede vir julle!” Daarmee sê Hy: Begin weer leef. Julle – en die wêreld – is nou ánders. Julle is vry!

Christus het gekom om aan feilbare en skuldigvoel-mense te sê: Vrede vir jou! Drink vandag weer hierdie vergifnis en vryheid in en gaan leef met vrede.

Here Jesus, ek vergeet so dikwels: Ook ék is waarlik vry!

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.