Gedagte vir die dag: Kennis van God

bybel-lees

Foto: Hannah Busing/Unsplash.com

En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken. (Johannes 17:3)

Kennis van God is noodsaaklik vir die geestelike lewe. Dit is die ewige lewe. Nie ’n intellektuele kennis wat ons van ander ontvang of deur ons eie nadenke inwin nie, maar die lewende kennis waar God Homself openbaar. Net soos die son my liggaam verwarm, stort die lewende God die lewegewende strale van sy heiligheid en liefde in my hart wanneer ek op Hom wag.

Een van die heel eerste dinge in gebed is om voor God stil te word sodat Hy Homself kan openbaar. Deur sy uitnemende krag openbaar God sy teenwoordigheid. Om God deur ’n persoonlike ervaring van sy teenwoordigheid en liefde te ken is waarlik die lewe.

Bron:  Die Goddelike Geheim deur Andrew Murray
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Amen….dankie lifdevolle God vir genade….meer as wat ek ooit kan verdien

FM ·

Vader U ken my hart. Leer my bid volgens U wil vir my dat ek U kan ken. Suiwer genade. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.