Gedagte vir die dag:  Kind van God

Pa_seun_Stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

As iemand dink hy is godsdienstig, maar hy hou nie sy tong in toom nie, bedrieg hy homself. Sy godsdiens is waardeloos. (Jakobus 1:26)

Baie mense beweer hulle is Christene, maar as jy na hulle luister, kan jy soms jou ore nie glo nie. Hulle skinder oor mekaar, verkondig allerlei onwaarhede, sommige gebruik selfs kragwoorde of God se Naam in hulle gesprekke. Iemand wat dink dat hy godsdienstig is, maar nie sy tong kan beheer nie, bedrieg homself, skryf Jakobus tereg.

Wees gewaarsku! As jy ’n kind van God is, moet jy praat soos een, anders is jou godsdiens waardeloos.

Ons kan die liefde wat ons vir ons medemens het, meet aan die aantal geheime roeringe van ons tong. ~ Maretha Maartens

Bron:  ‘n Lewe naby God – Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Here dankie dat ek U kan vertrou met my tong……..met my hele lewe…Amen

Elke van Bloem ·

Die tong kan nie deur ‘n mens beheer word nie. Maar deur die Here se krag stel Hy ons in staat. Ons kan egter ‘ n hart vol liefde kweek. Want die spreekwoord se: “Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.” As ons harte vol bitterheid, onvergewensgesindheid, hoogmoed, woede en afguns is, sal dit by ons monde uitstroom. As ons harte vol vrede, vreugde, liefde, geduld, nederigheid en selfbeheersing is (die vrug van die Heilige Gees) sal ons woorde soetklinkenk tot eer van God en opbouend vir ander wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.