Gedagte vir die dag: ’n Werkende getuie

hout-tafel_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Hulle het gevra: “Waarvandaan kry hy al hierdie dinge – hierdie besondere wysheid en die buitengewone krag om sulke wonders te verrig? Hy is tog maar net ’n blote timmerman …” (Markus 6:3)      

Jesus het met sy hande gewerk – Hy was ’n timmerman. Abraham, die vader van die geloof, was ’n boer. Dawid, die grootste aardse koning wat Israel ooit gehad het, was ’n skaapwagter. Petrus, die leier van die kerk, was ’n visserman. Wat sê God vandag hiermee vir ons? Kom doen die werk!

Jy hoef nie ’n dominee of ’n priester of ’n pastoor te wees om mense te help wat die pad byster geraak het nie. Die wêreld is in chaos. Elke man is nodig – dis wat hulle sê op ’n skip wanneer die skip in stormwaters is. Ons moet ons moue oprol en aan die werk spring.

Ons moet regtig betrokke raak. Ek onthou nog soos gister hoe ek as jong boer gesukkel het. Ek was in die skuur, besig om iets wat gebreek het te probeer regsweis. Ek is nie ’n goeie sweiser nie, en terwyl ek so gesukkel het, het ek skielik aangevoel dat iemand agter my staan. Dit was ’n jong boer wat bekommerd gelyk het en gevra het: “Kan ek gou met jou praat?”

Ek het die klein stukkie klaar gesweis

wat nog oor was, die sweisbril afgehaal en opgestaan. Ek wou net sê: “Wat kan ek vir jou doen?” toe die stuk metaal wat ek gesweis het, afval. Daardie jong boer het gevra of hy my kan help, die sweisbril en sweisstaaf opgetel en die werk fantasties voltooi. Dit het die ys gebreek. Ons het in my studeerkamer gaan sit en daardie jong man het sy hart vir my oopgemaak. Ek het die voorreg gehad om hom daardie dag na Christus te lei.

Gaan vertel vandag vir mense van Jesus, daar waar jy met jou dagtaak besig is. ”

Ons weet ons het ’n plek in die hemel, nie oor iets wat óns gedoen het nie, maar slegs omdat ons ’n liefdevolle God het wat ons gered het. Gelowige mense gaan hemel toe, nie goeie mense nie. Efesiërs 2:8 sê ons is uit genade gered, deurdat ons glo, en dat dit ’n geskenk van God is, nie iets wat ons self gedoen het nie.

Dit gaan alles oor Jesus en sy getuigskrifte en het niks met ons te doen nie. Dit is alles sy plan en sy optrede wat sy kinders red. Wat moet ek en jy doen? Ons moet slegs vertrou en glo dat Hy dit sal doen. Ons kan dit nie verdien nie. Ons moet dit bloot glo en dan ontvang.

Jesus sal ons name nooit uit die Boekrol van die Lewe vee nie. Hy sal ons persoonlik aan die Vader voorstel. Romeine 10:9 sê: “As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy verlos word.

Gaan stap vandag ’n ent en gesels met Jesus. Sê net vir Hom dat jy Hom beter wil leer ken.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.