Gedagte vir die dag: ’n Huis vir jou siel

reenboog_perde_veld_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Ons bly in Hom. (1 Johannes 4:13)

Wil jy ’n huis vir jou siel hê? Jy vra dalk: “Hoeveel kos dit?” Dit is minder as wat die trotse menslike natuur sal wil betaal. Dit kos nie geld nie en het nie ’n prys nie. Sal jy dit op daardie voorwaardes aanvaar? ’n Ewige huurkontrak, niks om te betaal nie; en die instandhouding is om Hom lief te hê en te dien. Sal jy Jesus aanvaar en “in Hom bly”?

Hierdie huis is gemeubileer met alles wat jy moontlik sou wou hê. Dit is met meer skatte gevul as wat jy sou kon uitgee so lank as wat jy leef. Hier kan jy intieme gemeenskap met Christus hê en sy liefde geniet. Vanuit hierdie huis kan jy uitkyk en die hemel self sien. Hier is die sleutel: “Kom na Jesus toe.”

Bron:  Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.