Gedagte vir die dag: Nederigheid, geluk, heiligheid

koring_somer_son_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar. (Johannes 14:21)

Die Here Jesus openbaar Homself op spesiale maniere aan sy mense. Wanneer Jesus Homself aan sy mense openbaar, is dit hemel op aarde, dit is die begin van geluksaligheid. Sulke manifestasies van Christus het ’n heilige invloed op die gelowige se hart.

Een uitwerking is nederigheid. Nog ’n uitwerking is geluk. In God se teenwoordigheid is daar ewige vreugde. Heiligheid sal vir seker daarop volg. Iemand sonder heiligheid het nog nooit ’n spesiale openbaring van Christus ontvang nie. Party mense beweer baie dinge, maar ons moet hulle nie glo nie tot ons sien dat hulle dade hulle woorde gestand doen. Ons sien dus dat Jesus se teenwoordigheid in ons lewe drie dinge tot gevolg het: nederigheid, geluk en heiligheid. Mag God dit aan jou gee!

Bron:  Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.