Gedagte vir die dag: Onuitputlike goedertierenheid      

vrou_stiltetyd_gebed_genade.jpg

Foto: Crosswalk.com

Wees my genadig, o God. (Psalm 51:3)

Selfs die mees ervare en mees geëerde Christene kan God net nader deur sy gratis genadegawe. Die beste mense blyk dié te wees wat die meeste bewus is daarvan dat hulle bloot mense is. Dié wat bloot hul geloof bely, spog dalk met hul geestelikheid, maar die ware kinders van God smeek om genade.

Ons het nodig dat God genadig sal wees teenoor ons goeie werke, ons gebede, ons offers en al ons heiligste dinge. Wat kan ons van ons sonde sê as ons genade nodig het vir ons góéie werke? Dis ’n groot troos om te onthou dat God se onuitputlike genade op ons wag.

Bron: Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Debbie ·

AMEN ons doen n groot God. Sy grenade en Liefde en die woorde is sy bystand en Sonder hom is ons . Dankie Here dat U my U genade skunk en ek weet U is daar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.