Gedagte vir die dag:  Vertrou op die Here

bid_hande_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Toe ek na U geroep het, het U my gebed verhoor en vir my nuwe krag gegee. Die Here sal vir my alles goed laat afloop. (Psalm 138:3, 8)

Die Here laat sy kinders nooit tevergeefs na Hom roep nie. Hy is altyd gereed om te help, en bereid om sy wonderwerkende krag vir hulle aan te bied, sodat alles op die ou end vir dié mense wat God vertrou goed afloop.

As jy op die Here vertrou, kan jy groot dinge vermag, omdat Hy jou sy hulp, bystand en krag belowe. Jy mag die belofte dat Hy ook vir jou alles goed sal laat afloop joune maak.

Om die leisels van jou lewe in geloof aan God oor te gee verg moed, geloof, selfdissipline en vertroue. Dit verg die wysheid en insig om verder te kyk as aardse, menslike dinge. ~ Yolanda Dreyer

Bron:  ‘n Lewe naby God – Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here Jesus dat ek elke belofte in U woord myne mag maak….U genade is so groot…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.