Gedagte vir die dag: ’n Visie van die ewigheid

Berchtesgaden (Foto verskaf)

God het alles mooi gemaak, Hy het aan die mens ’n visie gegee van die ewigheid. Tog kan mense nie die volle omvang van God se werk, van begin tot end, verstaan nie. (Prediker 3:11)

Dit voel of die dae, seisoene en jare verbyvlieg. Hoe gereeld sê ons nie dinge nie soos: “Is dit al weer sulke tyd?” Selfs al voel ons aardse lewens kort, moet ons onthou ons siel is geskep om vir ewig te bestaan.

Die Here het ’n plan vir ons tyd op aarde – én vir ons toekoms in die hemel. Hy weet presies waar in die geskiedenis elkeen van ons se lewens inpas en hoe ons lewens dié van die generasies ná ons sal beïnvloed. Die rolle wat ons in die hemel gaan speel en die belonings wat ons daar gaan ontvang, word bepaal deur hoe ons vandag leef. In plaas daarvan om hartseer te voel omdat ons aardse lewe so kort is, kan ons reeds feesvier oor die wonderlike ewige lewe wat ons saam met Hom gaan deurbring.

Die sleutel tot ’n ewige lewe is om Jesus te volg. As ons glo in Hom en wat Hy deur sy kruisdood gedoen het, kan ons reeds begin uitsien na môre.

Here, dankie dat U ons liefhet en ons u eie kinders noem. Laat ons nou reeds uitsien na die ewige lewe wat U vir ons belowe. Amen.

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Soethappie ·

Dankie vir U genade elke dag. Dis soos sonopkoms. Altyd daar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.