Gedagte vir die dag: Vriendskap

Foto: pixabay.com

Ons verheug ons in God deur ons Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening ontvang het. (Romeine 5:11, Bybel in Afrikaans 1983/1992)

Voel dit vir jou vreemd om te dink aan ’n vriendskap met die God van die heelal, veral omdat jy Hom nie kan sien of aanraak nie? Dit kan help om te dink aan wat vriendskappe sterk maak: tyd, samesyn, eerlikheid, lojaliteit. Vriendskap met God verg dieselfde dinge. Jy kan die vreugde van ’n vriendskap met God ervaar as jy Hom regtig beter wil leer ken, na Hom luister, lojaal is aan Hom en Hom liefhet.

Op watter maniere kan jy die eienskappe van ’n goeie vriendskap in jou verhouding met God laat blyk?

Bron: Geanker in genade – ‘n Samestelling
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here Jesus dat U die weg kom baan het.Al my lof , dank en eer kom U toe tot in all ewigheid

Porseleintjie ·

Jesus Christus die enigste deur na n verhouding met God. Dankie Jesus dat ek deur U n stand voor God het. Al die lof en eer kom U toe. Hallelujah!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.