Gedagte vir die dag: Wag in geloof        

Paternoster_vissers_boot_see_strand_Sune.jpg

Foto: Suné van Heerden

Vertrou op die Here! (Psalm 27:14)

Dit lyk dalk maklik om te wag, maar dit neem jare om dit te leer. Die meeste van God se soldate vind dit makliker om vinnig te marsjeer as om stil te staan. Daar is tye van verwarring wanneer selfs die vurigste siel, wat gretig wag om die Here te dien, eenvoudig nie weet wat om te doen nie.

Wag in gebed. Roep God aan en stel jou saak voor Hom. Wag met ’n  eenvoudige hart. Wanneer ons ons onvermoë raaksien om wyse keuses te maak, sal ons gewilliger wees om deur God gelei te word. Wag in geloof. Hou aan glo dat Hy jou op die regte tyd sal antwoord; wanneer dit ook al is. Wag in stille geduld. Moenie oor jou omstandighede kla nie, maar dank God daarvoor. Aanvaar dit soos dit is en plaas dit alles in God se hande; so eenvoudig en heelhartig as wat jy kan.

Bron: Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

A le Roux ·

Dankie, dierbare Here Jesus, vir U onbeskryflike groot liefde vir ons! Dankie dat U ons nooit sal verlaat nie en by ons sal bly. Leer ons, asb o Heilige Gees, om geduldig te wag totdat U antwoord!

susan ·

My broer se laaste dae het aangebreek en alhoewel ek ongeduldig en hartseer is was hierdie vanmôre net vir my!

Lena Jonk ·

Ons kom as nederige sondaars na U toe, ons vra dat U vir ons geduld sal gee om U wysheid en tyd nooit sal betwyfel nie maar net op U sal bly vertrou. U tyd is nie ons tyd nie, ons vra dat U wil sal geskied, ons weet U kinders sal op U bly wag in blye verwagting.

Darryl ·

Soo lekker om iets so positief en opbouend te lees..Prys Sy Heilige Naam..aan almal wat kommentaar gelewer..Gods rykste seën vir julle Amen

Z ·

Gewoonlik min kommentaar op “dagstukkies” op MM. Hierdie baie kommentaar laat my vanoggend besef dat daar geloofstryders is wat saam met my wag…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.