Gedagte vir die dag: Ware seën

stiltetyd-musiek-kitaar-man.jpg

Foto: pixabay.com

Prys God, die Vader van ons Here Jesus Christus, voortdurend, want Hy is wonderlik goed vir ons! Deur wat Christus gedoen het, het Hy ons geseën met elke geestelike seëning wat daar in die hemelsfere is. (Efesiërs 1:3)

Wanneer ons kies om vir Jesus te volg, word ons kinders van God, en God wil graag sy kinders seën. Ons lewe kry nuwe betekenis wanneer ons die Heilige Gees se seëninge ontvang – mét ’n spesiale plan om dit te gebruik. Ons word vrygemaak van skuld omdat Hy ons “heilig” en “onberispelik” noem. Ons word deel van ’n nuwe gesin van God se kinders. Ons het hoop vir die toekoms omdat ons weet die heerlikheid van die hemel sal eendag ons s’n wees.

Niks hier op aarde kan naastenby vergelyk met die geestelike rykdom wat ons in Jesus kan vind nie. Het jy meer moed nodig? Dis joune! Sterker wapens in die stryd teen sonde en die duiwel? Neem dit! Krag om aan te hou? Die Here versterk jou en help jou om moed te hou. Hoop of vertroosting wanneer jy hartseer is? Laat God se liefde jou troos.

Ons het soveel geestelike seëninge dat ’n mens dit nie alles in een leeftyd kan ontdek nie. Kom ons vra die Here om ons te help om soveel moontlik daarvan raak te sien, te gebruik en elke dag daaroor bly te wees.

Here, ons kan nie eens begin om al die maniere waarop U seën te tel nie. Dankie dat ons u kinders kan wees. Amen.      

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Heer vir soveel genade….ek kan dit nooit opgebruik nie…dit is elke dag nuut gevul met U omgee en liefde…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.