Gedagte vir die dag: Wees eensgesind

stad_sonsondergang_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek pleit by julle in die Naam van ons Here Jesus Christus om eendragtig saam te staan – één in julle oortuigings. Daar mag nie groepvorming onder julle wees nie. Julle moet van harte saamstem in julle denke en in julle visie. (1 Korintiërs 1:10)

’n Huisgesin leef baie nou saam met mekaar. En juis omdat hulle so naby aan mekaar leef, raak hulle soms ongeduldig en geïrriteerd met mekaar.

Hoeveel keer het dit nie al in julle huis gebeur dat iemand die laaste koekie in die pakkie vat of die laaste melk gebruik nie. Dalk maak iemand ’n geraas terwyl jy oor die telefoon wil praat. Ons raak knorrig en geïrriteerd en die vrede in die huis word versteur.

Net so raak ons knorrig met ons werksmense. Maar ons hoef nie te baklei en ons humeur te verloor nie. Ons kán kies om oor die weg te kom en as ’n span op te tree. Ons kan saamstem oor wat ons besluit en beplan. Omdat ons vir Jesus ken, kan ons almal in harmonie saamleef.

Daar staan in Efesiërs 4:4-6: “Daar is net één Gees, net soos julle net één toekomsverwagting het op grond van julle roeping – één Here, één geloof, één doop, één God, ons almal se Vader; Hy heers oor almal, werk deur almal en woon in almal.” As ons Jesus gehoorsaam, sal Hy ons almal eensgesind maak.

Here, help ons asseblief om in u liefde in vrede en eensgesindheid saam te woon en te leef. Amen.

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here ek verloor so gou moed as ek na die chaos om my kyk…dan onthou ek weer U is in beheer…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.