Dit tweede kenmerk van God se verteenwoordigers of dissipels, is dat hulle nie hulle eie belange soek nie, maar die belang van die Een wat hulle gestuur het.
Gedagte vir die dag: Sag-wees vereis oefening
Julle word nie deur julle sondige natuur beheer nie. Julle word beheer deur die Gees omdat die Gees van God in julle woon. (Romeine 8:9)
ToekomsVenster: Jesus leef om God se Naam groot te maak
As dit vir Jesus enigsins belangrik was wat die mense van Hom dink, sou Hy glad nie die Vader se opdrag enduit kon volbring nie. Dink maar aan die kritiek en spot wat sy woorde en optrede uitgelok het.
Gedagte vir die dag: Ons goeie nuus!
Die goeie dinge wat ek wil doen, doen ek nie. Maar die lelike dinge wat ek nie wil doen nie, doen ek. (Romeine 7:19, Die Boodskap)
ToekomsVenster: Jesus, God se volmaakte Dissipel
In twee teksgedeeltes van Johannes leer ons baie oor die basiese houding van ‘n dissipel of verteenwoordiger van God.
Gedagte vir die dag: Hoe leër, hoe sagter
Die apostels het kragtige getuienis gegee oor die opstanding van die Here Jesus, en God het sy genade ryklik aan elkeen gegee. (Handelinge 4:33)
ToekomsVenster: Die Woord woon onder ons
God wil nou al vir jou ‘n God wees en vir jou leer om sy kind te wees. God wil dus hê dat jy nou al iets van die hemel sal leer ken en ervaar.
Gedagte vir die dag: Maak jouself toe!
Die nag is byna verby, die dag is so te sê hier. Kom ons trek daardie vuil sondeklere uit wat in die donker tuishoort, en ons trek die wapenrusting aan wat pas by ’n lewe in die lig. (Romeine 13:12)
Gedagte vir die dag: Om vol te wees van Hom
Hulle het die twee apostels voor hulle laat bring en hulle onder druk gesit met die vraag: “Deur watter krag en in watter naam het julle dit reggekry?” Toe het Petrus, vervul met die Heilige Gees, vir hulle gesê … (Handelinge 4:7-8a)
Gedagte vir die dag: Sagte oë begin by ’n sagte hart
Hulle moet van niemand kwaadpraat nie en nie bakleierig wees nie. Hulle moet inskiklik wees en altyd saggeaard teenoor almal optree. (Titus 3:2)
Gedagte vir die dag: Sien vandag met jou hárt
Sê vir die volk van Israel: “Kyk, julle Koning kom na julle toe. Hy is saggeaard en Hy ry op ’n donkie, ja, op die vul van ’n pakdier.” (Matteus 21:5)
ToekomsVenster: Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees
Onthou dat dit die toppunt van seën vir enige mens is. Dit beteken God sal hulle met Homself en sy teenwoordigheid seën.
Gedagte vir die dag: Almal stoei maar
Ek sal hulle hart wat nou van klip en yster gemaak is, wegvat en vir hulle ’n hart gee wat van vleis gemaak is sodat hulle My reg kan dien. (Esegiël 11:19, Die Boodskap)
ToekomsVenster: Julle sal my eiendom wees
Hoe maklik sou dit nie wees om hiervan te getuig as dit vir jou ‘n werklikheid is nie? Om vir ander te vertel hoe Hy jou uit die duisternis van ‘n wêreld vol vergelyking en mededinging oorgebring het na die lig van harmonie en liefde waar net een volmaakte wil geld?
Gedagte vir die dag: Sagte oë!
Hulle moet dié wat die waarheid teenstaan, sagmoedig onderrig. Miskien sal God daardie mense se harte verander, en sal hulle die waarheid leer ken. (2 Timoteus 2:25)
ToekomsVenster: Die Here voorsien
Die grootste seën wat enige mens ooit kan ontvang, is die Voorsiening op die berg van die Here; die Lam van God wat die vloek wat die wet meegebring het van ons weggeneem het deur in ons plek ‘n vervloekte te word.
Gedagte vir die dag: Doen wat jý moet doen … góéd
God het vir ons elkeen besondere hemelse geskenke gegee. Ons almal het nie dieselfde geestelike geskenke van Hom ontvang nie. God het dit aan ons elkeen uitgedeel soos Hy goedgedink het. (Romeine 12:6, Die Boodskap)
ToekomsVenster: Ek sal jou God wees
Diegene wat die seën van God se God-wees leer ken, weet die lewe gaan nie oor hulleself nie. Daarom is hulle vry mense en onstel allerhande kleinighede hulle nie maklik nie.
Gedagte vir die dag: Jy en God is een
Die geheim is: Christus leef in julle. (Kolossense 1:27b)
ToekomsVenster: God wil nog altyd seën
Kan jy aanvaar dat God se basiese bedoeling vir jou lewe is om jou te seën?