ʼn Omstrede beslissing van die Amerikaanse Ope se organiseerders het tot kwaai kritiek van spelers gelei en gedreig om die aandag van Dustin Johnson se puik oorwinning en eerste Ope-titel af te trek.
Branden kry ruskans voor laaste aanslag
Suid-Afrika se Branden Grace het voor Sondag se laaste ronde van die Amerikaanse Ope by die Oakmont-buiteklub darem ruskans terwyl van die ander voorlopers nog hul derde rondes moet voltooi.
Reën ontwrig Amerikaanse Ope
Die gevolge van die reën wat Donderdag die eerste ronde van die Amerikaanse Ope by die Oakmont-buiteklub net buite Pittsburgh ontwrig het, is Vrydag steeds gevoel.
Vinnige Oakmont-baan laat gholfspelers swets
Dit was ʼn eerste ronde van chaos en humeure wat tot die uiterste beproef is toe die 2016 Amerikaanse Ope Vrydag by die Oakmont-buiteklub buite Pittsburgh begin het.
Gholf: Aanpasbaarheid op Oakmont kan sleutel vir die Ope hou
Die verwagte onstuimige weer en reën laat Donderdag in die eerste ronde van die Amerikaanse Ope-gholftoernooi by die Oakmont-buiteklub net buite Pittsburgh kan dié monsterbaan vir die res van die toernooi ʼn heeltemal ander karakter gee.
Els wil minder golf speel
Ernie Els oorweeg om sy golfskedule te beperk om meer tyd saam met sy gesin deur te bring.
Video: SA se sewejarige Ernie Els
Reinhardt Uys het op vyfjarige ouderdom sy eerste Suid-Afrikaanse gholftoernooi gewen.
Gholfballe teister 80-jarige
Albert Dobie (80), ‘n pensioenaris wat langs ‘n gholfbaan in KwaZulu-Natal bly, gaan nou regstappe doen omdat sy huis glo gereeld deur gholfballe getref word.