Die Lions was miskien nie gelukkig om te wen nie, maar hulle moes hard werk om die Force Saterdag in Perth met 24-15 onder te kry nadat Lions-ondersteuners met rukke in die tweede helfte seker maar taamlik benoud was.
KZN-liga: strafskop vir ‘voor die bal’ laat raai
Bid jou aan: ʼn strafskop word toegeken teen ʼn span wat glo by ʼn inskop van die 22 m-lyn voor die bal is.
Supersportreeks: Leeus sal moet uithaal teen Pumas
ʼn Goeie nuwe afrigter, daarmee saam ʼn hele paar nuwe gesigte en ʼn oorwinning oor die Blou Bulle in die eerste ronde maak die Pumas ʼn span wat Saterdag in die Kanyamazane-stadion buite Nelspruit nie deur die Goue Leeus liggekyk moet word nie.
ZRU-liga: voorlopers wat mekaar voor die bors
Twee van die drie voorlopers in die Zimbabwese Rugbyunie (ZRU) se Tussenstedelike Liga (ICL) vat mekaar Saterdag op Hartsfield in Bulawayo voor die bors.
Griekwasliga: groene maak stem dik in topreeks
Een van die groentjies in die Griekwas-rugbyunie (GRU) se Superliga het Saterdag sy stem uit die staanspoor dik gemaak met ʼn oortuigende sege oor een van die ouer ingesetenes.
MRU-liga: Van der Merwe sit tier in Sasol-tenk
Sasol van Secunda het Saterdag ʼn paar groot oorwinnings in die Mpumalanga-rugbyunie (MRU) se ligas behaal.
Bolandliga: Robertson, Ashton sorg vir riller
Robertson en Ashton United het Saterdag op Ashton vir ʼn rillerstryd in die streek BreëLangeberg van die Bolandse reeks om die Grootuitdaagbeker gesorg.
BBRU-liga: nasionale wenners in Carlton gelooi
Sowel die Varsitybeker- as die Goue Bekerkampion het Woensdag in die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonliga aan die kortste end getrek.
[Video] Rugbyspeler dalk verban ná hy skeidsregter pot
Die rugbyspeler het die skeidsregter bewusteloos geslaan met wangbeen- en kaakbeserings ná hy ʼn geelkaart gekry het.
Highlanders mors ook met SA se naasbestes
Die Stormers het Vrydagoggend in Dunedin weer ʼn vyftigtal afgestaan na verlede week se drag slae teen die Crusaders, en het teen die Highlanders met 14-57 hulle derde opeenvolgende wedstryd verloor.
Vir wie moet die ondersteuners glo?
Dis enige afrigter en speler se nagmerrie wanneer oud-spelers en gewese (en ook huidige) afrigters hul mond uitspoel oor die stand van rugby.
Limpopoliga: ontwrigting keer Northam nie
Ontwrigting vanweë laat onttrekkings het nie voorkom dat Northam Rhinos Saterdag albei sy wedstryde in die Limpopo Blou Bulle se nuwe Boet Fick- Senior Liga gewen het nie.
SWD-liga: voorloper kry slae; sake raak warm
Die voorloper in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga het Saterdag slae gekry, en ná die jongste naweekronde is sake in die reeks besig om warm te raak.
Valkeliga: Meyerton, Buffels dreun mekaar op
Meyerton Knights en Grootvlei se Buffels is vroeg-vroeg besig om mekaar in die Valke-rugbyunie (VRU) se Kestrelliga op te dreun.
Ackers verander ses vir Force-kragmeting
Warren Whiteley sal Saterdag (13:55) teen die Force in Perth in sy 75ste Superwedstryd vir die Lions ʼn span aanvoer wat ses veranderinge toon van die een wat verlede naweek teen die Jaguares deurgeskraap het.
Superrugby: neem tog die besluit
Daar is min dinge so steurend vir ʼn rugbyspeler soos onsekere werksekerheid.
GLRU-liga: Polisie sorg vir grootste verrassing
Johannesburg Polisie het vir die grootste verrassing in die afgelope naweekronde van die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se Pirates-grootuitdaagreeks (PGU) gesorg.
WP-liga: Goue Bekerspan kom sy tier teë
Een van die Westelike Provinse se twee spanne in die afgelope Goue Bekerreeks het sy tier teëgekom in die jongste ronde van die bond se Superliga A.
Luiperdsliga: Zeerust, Koster kan mekaar opdons
Zeerust en Koster het Saterdag goeie seges in die Luiperdsrugbyunie (LRU) se Jaap Steynliga behaal, en kan mekaar vorentoe om die kroon opdreun.
SA A-span in twee sokkerstadions teen die Franse Barbarians
Die Suid-Afrikaanse A-span se twee wedstryde vanjaar teen die Franse Barbarians sal in Junie in twee sokkerstadions gespeel word