Soorte resepte:

Kook vandag in Afrikaans!

Melktert is so Afrikaans soos hertzoggies, koeksisters en waterblommetjiebredie. Trek jou voorskoot nader, kry die bestanddele gereed en vier Afrikaanse Taaldag met een van dié eg Suid-Afrikaanse resepte.

Bobotie

Bobotie het die manier om jou terug te vat huis toe. Blatjang, appelkooskonfyt en rosyntjies; kan jy dit al proe?

Bobotie (Foto: Lapa- Uitgewers)

Klik hier vir die resep.

Hertzoggies

Onthou jy hoe jou ouma, ma of iemand wat jy ken Desembervakansies die koekblikke vol hertzoggies gemaak het?

Hertzoggies (Foto: Lapa-uitgewers)

Klik hier vir die resep.

Koeksister-poeding

Slegs twee bestanddele vir hierdie soet en taai Suid-Afrikaanse poeding!

Klik hier vir die resep.

Malvapoeding

Gee jou malvapoeding ʼn ekstra Suid-Afrikaanse skop deur ʼn goeie skoot Amarula-likeur in die stroop te gooi.

Malvapoeding (Foto: Lapa-uitgewers)

Klik hier vir die resep.

Maroela-melktert

Dié maklike melktert sal in enigiemand se skedule pas!

Klik hier vir die resep.

Waterblommetjiebredie

“Waterblommetjies in die Boland
Waterblommetjies van die Kaap
Maak die bredie net soos in die Wynland
En sê jy is baie lief vir my voor jy gaan slaap …”

Foto: Lekker en Vinnig – Tradisionele Kos

Klik hier vir die resep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Delene ·

Lamnekbredie reeds in die slow cooker! Nietemin, baie dankie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.