Jou gesondheid: Is jy sent-slim en rand-roekeloos?

Met Suid-Afrika se ekonomie wat swaar trek,  soek mense maniere om geld te spaar en begrotings te rek. In baie gevalle beteken dit dat ons ’n goedkoper mediese fonds oorweeg. Maar goedkoper beteken nie altyd beter nie en buiten prys, speel baie ander faktore ’n belangrike rol in die besluit.

Wanneer jy op soek is na ’n mediesefondsplan wat by jou sak pas, is dit noodsaaklik om mooi aan die volgende aspekte te dink.

Lewensfase: Nes jou of jou gesin se lewensfases verander, net so verander jou behoeftes. ’n Jong, enkellopende persoon se gesondheidsbehoeftes kan aansienlik verskil van dié van ’n paartjie, ’n jong gesin met kleuters, ’n gesin met tieners en ouer kinders wat nog by die huis bly, of ’n ouer persoon wat meer mediese sorg benodig.

Gesondheidsorgbehoeftes: Dit is onmoontlik om die toekoms te voorspel. Maar dit is belangrik om jou huidige gesondheidstoestand, familiegeskiedenis van ernstige gesondheidsprobleme en jou leefstylkeuses te bedink. Dit sal jou help om ’n prentjie van die toekoms te vorm en jou ’n idee te gee van spesialiste wat jy moontlik moet raadpleeg, behandeling wat jy dalk moet ontvang, en chroniese medikasie wat jy dalk moet gebruik. En natuurlik gebeur die lewe en ongelukke.

Begroting: As jy ’n hospitaalplan kies, kan jy jou daaglikse mediese uitgawes dek? As jy ’n spaarplan kies en die spaargeld raak op, kan jy die bybetalings of tekorte bekostig? ’n Algemene riglyn is dat jou mediesefondsbydrae nie meer as 10% van jou maandelikse inkomste moet oorskry nie.

Toegang tot mediese fasiliteite: Die meeste mediese fondse bied ook planne met netwerkopsies waar jy verplig is om spesifieke hospitale, apteke, algemene praktisyns, of spesialiste te gebruik. ’n Netwerkplan is gewoonlik effens goedkoper, maar maak seker dat jy toegang het tot die mediese fasiliteite op die mediese fonds se lys van verskaffers.

Wat jy belangrik ag: Is dit belangrik om te weet of jou plan noodgevalle en noodvervoer dek, of nie? Is dit belangrik dat jou plan voorsiening maak vir voorbehoedmiddels? Is dekking vir radiologie binne en buite die hospitaal ’n belangrike faktor?

Al die bogenoemde vrae en oorwegings kan jou help om ’n ingeligte besluit te neem oor die regte mediesefondsplan vir jou.

Medihelp bied 11 mediesefondsplanne, elk met verskeie voordele. Ons noodsaaklike planne is ideaal vir dié wat vir die eerste keer aan ’n mediese fonds behoort. Ons spaarplanne is vir diegene wat hul uitgawes self wil bestuur. En ons omvattende planne voorsien in meer omvattende gesondheidsorgbehoeftes.

Op MedVital, MedAdd en MedElect betaal jy slegs vir twee babas, kleuters, of tieners tot hulle 18 jaar oud word, selfs as jy meer as twee kinders het. Jy betaal ook tariewe vir kinderafhanklikes totdat kinders die ouderdom van 26 bereik. En op MedElect kan studente dekking kry vir minder as R1 000 per maand.

Klik hier vir verdere inligting oor Medihelp se planne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bekkie ·

Nogsteeds te duur, kan nie eers R600 bekostig nie met my min salaris, en dan nog kleinkind om voor te sorg wat ook nie medies het nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.