Foto’s: Die wenner van die baba-haredos-kompetisie is…

Dié wenfoto van Kirah Hamman is geneem toe sy net agt maande oud was. (Foto: Verskaf)

Daar is kinders wat met ʼn natuurlike bos hare gebore word en dan is daar ma’s wat so angstig is om ʼn knippie in hul dogtertjie se hare te kry, dat hulle die drie haartjies op die kop probeer vasknip met ʼn strikkie.

Kirah Hamman (nou byna drie jaar oud), se ma Elma, is egter sedert haar dogtertjie se geboorte baie geduldig om haar welige bos hare in toom te hou. Dié klein pop sit al sedert die ouderdom van ses maande af doodstil as haar hare uitgeblaas moet word, hoewel dit ongeveer 20 minute neem.

Die reëls van die kompetisie het bepaal dat foto’s van babas jonger as nege maande oud met ʼn interessante of snaakse haarstyl in aanmerking sal kom vir die prys. Dit het dus nie saak gemaak of die foto gister, verlede jaar, of selfs 40 jaar gelede geneem is nie – as dit ʼn snaakse of indrukwekkende haarstyl is, dan sou die foto in aanmerking kom vir die prys.

Kirah se foto, waarmee sy Maroela Media se babaharedos-kompetisie gewen het, is reeds in Januarie 2017 geneem toe sy net agt maande oud was. Maroela Media se lesers het dié foto as hul gunsteling uit die toptien aangedui en Kirah is dus die gelukkige wenner van ʼn R1 000-kontantprys.

 

Kyk hier na ons skattige 10 finaliste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Chantel ·

Dankie Maroela vir die oulike kompetisie
ons het dit vreeslik geniet

Andreas ·

Kyk, die prinsie se ma en pa leer nou als van ouers af, op ‘n heel regte ouderdom, ek sit hier met die jong perdjie en moet nog baie leer, ek sien hy kyk ook nou al vol belangstelling as ek nader kom. Maar hy weet nog nie dat hy prinsperd materiaal is nie. Hy weet net hy is anders as ander perde, ek dink so, dis hoekom ons hom gekies het, heel eiewys, laat hom nie voorskryf nie, so eiewil het ons nog nie gesien nie. As ek hom dit nou moet vertel, kry ek hom nooit vannag tot ruste nie. Ek sien juis hy het so ‘n slag met ‘n agterpoot na die grond gekap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.