Video: ‘Toets eers jou produk in die mark’

Magriet Groenewald. (Foto: Verskaf)

Magriet Groenewald en Maroela Media gaan oor die volgende agt weke ʼn reeks video’s aanbied waarin Magriet praktiese wenke deel oor hoe om jou eie onderneming te begin en só ʼn inkomste te verdien.

Wenk 2: Toets eers jou produk in die mark

Magriet se eerste wenk is dat jy as entrepreneur moet uitvind wat jou passie is voordat jy geld in ʼn onderneming belê.

Magriet se tweede wenk is om dan eers jou produk of dienste in die mark te toets.

“Noudat jy weet waaroor jy passievol is, is dit belangrik om seker te maak mense is bereid om geld te betaal vir jou produk of dienste. Voordat jy geld bestee aan goed soos ʼn handelsmerk of ʼn webwerf, maak seker jy kry eers ʼn paar verkope.

“As mense bereid is om te betaal vir jou produk, dan weet jy jou produk kan moontlik werk.”

Kyk hier na Magriet se wenk-video:

Meer oor Magriet Groenewald

Magriet is die eienaar en stigterslid van Magriet.co, ʼn aanlyn sosialemediasakeskool.

Dié kreatiewe donkerkop se passie is om entrepreneurs, sake-eienaars en beïnvloeders te bemagtig om hul aanlyn voetspoor te vergroot en sodoende hulleself én hul produkte beter te bemark.

Sy het tydens die afgelope nege jaar in die bedryf al saam met talle bekendes gewerk. Sy woon tans in Somerset-Wes saam met haar man en drie van hul vyf kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.