Beskuldigde in Barkly-Oos-plaasmoord laat vaar borgaansoek

Argieffoto

Argieffoto.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag die tweede verskyning van die beskuldigde in die moord op ʼn bejaarde egpaar van Barkly-Oos bygewoon. Thulani Mkhentane (22), ‘n burger van Lesotho, het sy borgaansoek teruggetrek en sal in aanhouding bly totdat hy weer op 28 November in die hof verskyn.

“Die ondersoek gaan voort. Ons moet die polisie in Barkly-Oos komplimenteer vir hulle goeie diens en spoedige arrestasie van Mkhentane,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapveiligheid gesê.

AfriForum is werksaam in Barkly-Oos om gebiede te identifiseer waar daar nog nie veiligheidstrukture is nie en gemeenskappe by te staan om dié strukture te vestig. Ander diensleweringsbehoeftes in die gemeenskap sal ook bepaal word. AfriForum beplan om Elliot ook te besoek.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het bygevoeg dat die organisasie in November vanjaar ’n voorlegging oor die omvang en brutaliteit van plaasmoorde in Suid-Afrika by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Geneve, Switzerland sal voorlê. Die publiek word aangemoedig om die petisie, wat hierdie voorlegging sal vergesel, te ondersteun deur www.hoelanknog.co.za te besoek. “Hoe lank moet ons nog vir die regering se ingryping vra? Die minister van polisie se gebrek aan optrede grens aan aandadigheid.”

Lees ook:
Barkly-Oos-plaasaanval: Seun steeds kritiek
Barkley-Oos-plaasaanval: Nuwe versoeke om plaasmoorde te laat prioritiseer
Plaasaanval: Bejaardes vermoor, seun kritiek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Jasper ·

AfriForum moet ook metodes vind om hierdie moorde op oorseese TV kanale bekend te maak.
Hier waar ek in die buiteland werk noem jy net die naam Mandela en almal dink jy kom uit die paradys uit. Verder het hulle geen benul wat hier aangaan nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.