Die familie van die Olimpiese fietsryer, Burry Stander, is ontsteld dat die aanklag van strafbare manslag voorlopig teen die taxibestuurder, wat hom glo doodgery het, laat vaar is.
Die familie het versoek dat die hoofstaatsaanklaer aandui waarom dié aanklagte voorlopig laat vaar is, het Mail & Guardian Vrydag berig. “Ons het gedink ons kan die regstelsel vertrou, maar het nou alle vertroue verloor,” het Stander se weduwee, Cherise Stander, aan die koerant gesê. “ʼn Onskuldige lewe is geneem en geregtigheid moet geskied.”
Stander het gesê hulle wil ook weet wat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gaan doen om die saak weer op die hofrol te kry.
Natasha Ramkisson, woordvoerder van die NVG in KwaZulu-Natal, het vroeër die week gesê die saak teen Njabulo Nyawose is in die Port Shepstone-landdroshof teruggetrek terwyl daar gewag word op ‘n uitspraak deur die direkteur van openbare vervolging. Nyawose staar ‘n klag van strafbare manslag of ‘n alternatiewe klag van roekelose of nalatige bestuur in die gesig.
Lees ook:
Burry Stander: Klagtes voorlopig laat vaar
Argus-titels aan Burry opgedra
Video: Fietsryers ignoreer glo veiligheidsmaatreëls
Burry-gaping glo onprakties
Burry Stander ter ruste gelê
Burry Stander: Taximan op waarskuwing vry
“Ek is lief vir jou”
Video: Stander ‘meer as net ‘n kampioen’, sê pa
Burry Stander-ongeluk: Taxibestuurder word vervolg
Stander was ‘legende in wording’
Bekende bergfietsryer doodgery
Een kommentaar