’n Minibus met meer as ’n ton dagga, vermoedelik oppad na Gauteng, is Maandag op die R103 naby Cornelia vasgetrek.
Volgens sersant Mmako Mophiring sal die 41-jarige minibusbestuurder van Kwazulu-Natal binnekort in die landdroshof in Frankfort verskyn. Die meeste van die minibus se sitplekke is verwyder om 81 sakke dagga (1025,55kg) ter waarde van nagenoeg R1,2 miljoen te vervoer.
Natuurlik gaan ‘n taxi met ‘n hele paar sitplekke kort aandag trek ! Wat is die straf indien hy skuldig bevind word ?
Dis is algemene kennis dat taxi’s in die verlede al betrokke was by vele misdade – dis nou diefstalle, inbrake, gewapende rooftogte, moordtogte en die vervoer van verbode items. En tog is die Wetstoepassers baie “genadig” met taxi’s – is dit omdat baie van die taxi-eienaars hoë ampte in die ANC of die regering beklee ?
JippeeEee Bester ek het gedink jyt met verlof gegaan. Jong jy raak mos al hoe beter met jou kommentaar. Lol ek het jou al U hoogheid begin noem maar het jou nogtans gemis. Welkom terug
Vuurtjie, jy “tender” … spot sommer net – ;)
Naand Henning.
Helo Trip Maritz hoe was jou dag?
Skies ek loer nou eers weer in … Vuurtjie, ek was nogal besig, en besig op Praag hehe. Kom loer daar in … vandag BAIE sports gehad.
Lekker dux en pas jouself mooi op.
NS: Lekker gelag vir jou “grapppie” … wat eintlik net die waarheid is.
Trippie het jy geweet ons polisie diens is 85% volmaak? As daar n crime gepleeg word is hulle deel daarvan.
HJ Bester jy’s reg. Ek het self aanskou hou die die polisie van bewysstukke ontslae raak by n voertuig met sake vol dagga. Die insittendes het weg gehol en ons het die polisie ontbied. Met hul aankoms het hulle baie subtiel soveel voetspore as moontlik dood getrap en toe kamma binne die voertuig na leidrade gesoek en sodoende duimafdrukke verwyder. Die enigste Blanke polisieman by die spesifieke Polisiestasie se voertuig is van hom weg geneem en hy is later verplaas omdat hy te hard op dwelm smokkelary in gegaan het.