‘Monster’-saak uitgestel vir getuies

Johan Kotze in November 2012 in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

Die hofsaak van Johan Kotze, die sogenaamde Modimolle-monster, en drie van sy medebeskuldigdes, is Vrydag weer in die Pretoriase hooggeregshof uitgestel.

Francois van As, prokureur twee van Kotze se medebeskuldigdes, het gesê daar is besluit om die saak tot volgende week Woensdag uit te stel. “Dit sal die verdediging die geleentheid bied om brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder vir die polisie in Limpopo, en Rex Bonnette, Ina Bonnette se voormalige eggenoot, as getuies te roep, aangesien hulle beide dan beskikbaar sal wees,” het Van As gesê.

Kotze, Andries Sithole, Pieta Mohlane en Sello Mphaka het almal onskuldig gepleit op aanklagte van ontvoering, aanranding, verkragting en poging tot moord op Kotze se vervreemde vrou, Ina Bonnette, en die moord op haar 19-jarige seun, Conrad, in Kotze se huis in Modimolle op 3 Januarie 2012. Kotze en Bonnette was in daardie stadium steeds getroud, maar Bonnette het in haar eie woonstel gebly.

Kotze het die drie mans glo gehuur om die dag by sy huis te werk.

Die staat voor aan dat Kotze die wraakaanval op Bonnette en haar seun beplan het.

Lees ook:
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel
Sielkundige getuig oor ‘Modimolle-monster’
‘Modimolle-monster’: Nuwe sielkundige bewyse 
‘Modimolle-monster’: Vermeende verkragter bang vir polisie
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel
‘Verkragters’ gelukkig om wit vrou te kry, hoor hof
‘Modimolle-monster’ het aanval glo “haarfyn beplan”
‘Modimolle-monster’: Sithole het glo gehuil
‘Modimolle-monster’ en Ina het glo ooreenkoms gehad
‘Modimolle-monster’: “Ons is gedwing” 
‘Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’ het Ina glo verafgod
‘Modimolle-monster’: Kliniese sielkundige volstaan met verslag
Kotze het geglo sy huwelik was ‘heilig’
‘Modimolle-monster’ glo hy het nie ‘n misdaad gepleeg nie
‘Modimolle-monster’: Kotze onder kruisverhoor
Modimolle-monster vandag onder kruisverhoor
“Modimolle-monster” vandag dalk in getuiebank
“Modimolle-monster” glo ‘onbevoeg’; dokter getuig
“Modimolle-monster” weer in hof
Man afgedank ná hy “Modimolle-monster” op Facebook ‘loof’
Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’: Kotze se brief opgespoor
Modimolle-monster: “Geen tekens van verkragting”
Modimolle-monster: ‘Martelinstrument’ het haar ook bevry
‘Modimolle-monster’ se vriend, dogter getuig
Verdere getuienis in ‘Modimolle-monster’-saak
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof 
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

MATILDA ·

TOT WANNEER GAAN HIERDIE DING UIT GESTEL WORD. SEKER TOT ALLES WEER UIT GEGOOI WORD EN ALMAL WEER LOS KOM SOOS ALTYD !!!!!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.