Erge weerstoestande het veroorsaak dat paramedici van Netcare 911 Woensdag kilometers ver deur modder moes loop om by ʼn pasiënt uit te kom.
Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê swaar reënneerslae in KwaZulu-Natal het grondpaaie in modderbaddens verander.
“Paramedici is ontbied na ʼn geval in Bizana, naby Margate. Beamptes moes 4km van die toneel af stop omdat die ambulans nie verder op die grondpad kon ry nie,” het Botha gesê.
“Toe hulle by die pasiënt uitkom het hulle hom gestabiliseer en op ʼn draagbaar gesit. Gemeenskapslede het gehelp om die man tot by die ambulans te dra en hy is na die Netcare Margate-hospitaal geneem vir verdere behandeling. Hy is in ʼn stabiele toestand,” het Botha bygevoeg.