11 dood in gru-botsing

Die ongelukstoneel. Foto: Verskaf

Minstens 11 mense is Dinsdagaand in ʼn botsing buite Middelburg in Mpumalanga dood.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die departement vir gemeenskapsveiligheid, sekerheid en skakeling, het gesê die trompop botsing het op die R575-pad plaasgevind. ʼn Vragmotor en ʼn midi-bus het gebots.

Volgens Mmusi is sewe mense ernstig beseer in die botsing wat omstreeks 20:45 plaasgevind het. Hy het gesê die botsing het naby die afdraai wat na die N4-tolpad lei, plaasgevind. Die midi-bus het glo na Johannesburg gereis en die vragmotor na Middelburg.

Die pad is gesluit ná die botsing. Die presiese omstandighede rakende die voorval word ondersoek.

[Red] Die berig is aangepas sedert dit aanvanklik gepubliseer is. Moeti Mmusi, woordvoerder van die departement vir gemeenskapsveiligheid, sekerheid en skakeling, het intussen bevestig dat die dodetal nie 14 is soos aanvanklik vermoed is nie, maar dat 11 mense in die ongeluk gesterf het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Anoniem ·

Die spoorlyn stelsel om goedere te vervoer moet weer ingestel word. Swaar voertuie moet weer slegs van sons opkoms tot sons ondergang toegelaat word om op die paaie te wees. Mini bus taxis is die meeste gevalle van lewensverlies en daarom sal daai ouens se voertuie meer gereeld geinspekteer moet word. Hulle kan die taxis elke ses maande onderwerp aan n padwaardigheids toets en elke drywer wat moet beskik oor n pdp, dit is enige drywer van swaarvoertuie,taxi’s, busse of wat ookal moet elke jaar n bestuurs kursus ondergaan. Ek is baie op die pad dan sien jy hoe die swaarvoertuie mekaar verby gaan op sperstrepe asook die roekelose bestuur van die taxis oor die algemeen. Gaan ry net Zuurfontein weg van Thembisa na Isando dit is n nagmerrie en as jy toeter vir hulle dan vloek hulle jou en raak gewelddadig.

SjN ·

Danien, dit kan deel wees van die oplossing, ongelukkig is onbevoegde persone in die poste wat nie n clue het van wetstoepassing nie, alles verval.

John ·

Watter gruwelike ervarings word dit nie vir reisigers oor die Feesseisoen nie. Hoekom mense soos beserktes rond wil jaag sodra ‘n vakansiedag of twee opdaag, weet g’n mens nie. Niemand werk skynbaar waar hulle eintlik vandaan kom nie en dit gee ‘n geskarrel af wat dikwels in die begraafplaas eindig. Reise na vakansiebestemmings word traumatiese ervarings ook vir kinders wanneer ‘n tyd van ontspanning eers ‘n reis deur ‘n oorlogsone noodsaak en dieselfde nagmerrie met die terugkeer.

Lientjie ·

Nee nie ‘n minibus nie, maar ‘n midi bus dis seker amper iets soos ‘n minibus? Net MM sal dit weet.

Anoniem ·

Ek voel jammer vir die onskuldiges wat hul lewens verloor het, asook hul naasbestaandes. Die almal van ander rasse is boewe en hatig op blankes nie. Meeste van hulle is net doodgewone mense soos ons wat ‘n staanplekkie in die son soek. Ek sal my nooit verlekker oor die ongeluk en hartseer van ander nie. Dit maak my niks beter as hulle, as ek so maak nie.

Johan H. ·

Andrea!!!as dit so aangaan is daar niemand oor om in die verkiessing te stem nie sterkte almal wat betrokke is,,,,

Martin ·

N Midi bus is bietjie groter as n Mini bus. Midi bus bestaan.

jaco ·

MM.
In paragraaf 3.
Ek dink eerder dit n mini bus en nie n midi bus ni

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.